IS SELFSORG boaan jou lysie vanjaar? Glo dit of nie, een van die beste maniere om dit te doen, is om ’n joernaal te hou.
As jy al ooit voorheen ’n dagboek gehou het, of steeds hou, sal jy weet om jou gedagtes en gevoelens op papier neer te pen, jou kan help om beter te voel. Navorsing het dit bevestig met studies wat wys die voordele van ’n joernaal wissel van die vermindering van stres en die bevordering van jou bui tot beter slaappatrone en ’n sterker immuunstelsel.
Hier is hoekom dit goed is om daagliks in ’n joernaal te skryf. Dit is die beste ding wat jy vanjaar vir jouself kan doen. Ons gee ook wenke