SARIE KOS

Siba-lekkerte

1 Wie is Siba Mtongana?

Ek is in die eerste plek ’n eggenoot, ma en mens wat lief is vir God. Ek is ook die stigter en uitvoerende hoof van The Siba Co., ’n onderneming gemoeid met als rakende Siba, waaronder ’n pasgemaakte koservaring vir ons gaste. Ek is ’n entrepreneur, bekroonde skrywer en sjef. Ek is altyd besig en aan die gang. Ek is oplossingsgeoriënteerd, kreatief en passievol oor byna alles waaraan ek raak.

2 Wat is jou geheim om jou rolle as sakevrou, ma en eggenoot te laat werk?

Daar is nie ’n geheim nie; dis eerder ’n kwessie van ’n sterk ondersteuningsbasis en struktuur by die huis en kantoor. My tannie bly byvoorbeeld by ons en speel ’n integrale rol in die grootmaak van ons kinders, veral in die baie besige tye voor Covid-19. Ek het ook ’n huishulp en ’n au pair, wat baie help. Ek het spesifiek uit my formele werk bedank om my eie besigheid, The Siba Co., te begin sodat ek die buigsaamheid kon hê om my gesin te prioritiseer en kon kies wat ek met my tyd doen. Dis nie altyd maklik nie, maar dit word beter soos die kinders groter raak en die besigheid groei. Wat my rol as eggenoot betref, maak ek en Brian seker dat ons passie lewendig bly deur aan te hou om minnaars en beste vriende te wees, eerder as net vennote en ouers. Ek glo dit is belangrik om saam te groei in ons liefde, huwelik en vriendskap, en nie weg van mekaar nie.

3 Waarom kook jy?

As passievolle sjef en is kosmaak my manier om myself uit te druk, soortgelyk aan wat ’n kunstenaar of argitek doen. Ek is al van jongs af[op Food Network, DStvkanaal 175], deur my kookboeke en in tradisionele en sosiale media.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS8 min read
• HERMAN PROE THAISE PERFEKSIE • KOSTEATER VAN STORIES EN SMAKE WÊRELDKLAS in Bangkok
’nKoservaring in Thailand is vinnig besig om die gewildheidsleer te klim op die fynproewerstoneel. Vir lank het die wêreld Frankryk as die geboorteplek van goeie kos beskou, wat natuurlik waar is, maar nou draai ons ons oë ook na die Ooste. Dalk is d
SARIE KOS1 min read
Sarie Kos
REDAKSIONELE SPANREDAKTEUR Michélle van BredaKOSREDAKTEUR Herman Lensingherman.lensing@sarie.comSKRYWER Lydia van der MerweSKRYWER Marzanne Schoeman 060 904 5090ONTWERPDIREKTEUR Anel StapelbergTEKSREDAKTEURS Natasja Lochner & Anine CapraroREPRODUKSIE
SARIE KOS2 min read
DIE ROMERIGE GROEN LEKKERTE Avokado
● 3 resepte met avokado ● Perfek vir ontbyt ● In ’n lekker sous vir steak My kosheld het hierdie gereg een aand op TV gemaak en ek het in verwondering toegekyk. Ek moes dit net probeer. Die kors met avokado pleks van botter gaan jou hart oorrompel.

Related