Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Poort 2: Reisigers
Die Poort 3: Helers
Die Poort 1: Bewakers
Ebook series4 titles

Die Poort

Rating: 0 out of 5 stars

()

About this series

“Jy het dalk hierdie geveg gewen, Kali van Gaia, maar die oorlog is nog lank nie verby nie. Solank ons vir Zak het, het ek mag oor jou.” Hy kyk minagtend na Leonardo. “Julle emosies is julle swakheid; julle ondergang.”
Ek leun vooroor en pers spikkels dans voor my oë. ’n Tikkie vrees flits vir ’n oomblik oor Chanda-Mundia se gesig. Ek knip my oë en die pers verdwyn. “Om vir mekaar om te gee, maak ons sterk, nie swak nie. En glo my, daar is nie ’n plek in die heelal wat ek nie sal omkeer om vir Zak te kry nie.”

Die Nuweling-Bewakers het die Internasionale Raad erg ontstel met hulle onvermoë om hulle Kragte en Magte te beheer, daarom bevind hulle hulle nou in Ierland. Maar Wicklow-kasteel is meer as net ’n opleidingsentrum – dis ook ’n gesofistikeerde beheersentrum wat al die Poorte op aarde monitor. Wanneer Kali ’n onwelkome gas in die kasteel toelaat, ontketen dit ’n reaksie wat die Ander die mag kan gee waarna hulle smag, en Kali se Bewakerkring vir altyd kan vernietig.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJul 6, 2016
Die Poort 2: Reisigers
Die Poort 3: Helers
Die Poort 1: Bewakers

Titles in the series (4)

  • Die Poort 1: Bewakers

    1

    Die Poort 1: Bewakers
    Die Poort 1: Bewakers

    “Die poort is oop.” Ek skrik my amper besimpeld toe die ou tannie langs my skielik praat. Ek draai na haar toe. My nekhare rys en my lyf slaan hoendervleis uit. Ek sweer iemand het haar iewers in ’n begraafplaas opgegrawe. Geel vel span styf bo-oor haar kop, en hier en daar klou bossies hare soos droë gras aan haar kopvel vas. Sy leun nader. Ek ruik verlepte blomme. “Jy het haar ook gesien,” sê sy. “Hulle het haar kom haal.” Sy trek haar ogies nog kleiner. “Die stomme baba. Hy gaan nou sonder ’n ma grootword.” Skielik gryp sy my hande. Ek kyk af. Kraaikloue klem my vingers vas. ’n Vreemde hitte styg op in my arms, my nek, my kop. Ek probeer my hande uit hare trek, maar my spiere wil nie na my brein luister nie. “Ek weet nie wat Tannie . . .” “Jy wéét,” val sy my in die rede. “Jy sién. Nes ek.”

  • Die Poort 2: Reisigers

    2

    Die Poort 2: Reisigers
    Die Poort 2: Reisigers

    Die nuweling-Bewakers – Tara, Nomsa, Leonardo en Kali – se Kragte en Magte word sterker. Toe Tara se ma ontvoer word, oorreed Tara hulle om deur die Poort te gaan om na haar ma te gaan soek, al het die Raad van Bewakers dit streng verbied. Intussen word die band tussen Leonardo en Kali al hegter. Hoe lank sal sy nog vir Zak kan jok oor waarom sy en Leonardo so baie tyd saam deurbring? En sal die Nuwelinge se Kragte en Magte sterk genoeg wees om wat ook al hulle bedreig, te stuit?

  • Die Poort 3: Helers

    3

    Die Poort 3: Helers
    Die Poort 3: Helers

    Dan glimlag Leonardo. “Nou ja, love and greetings. Soos ek gesê het, ek sal mooi na jou meisie kyk terwyl ons in Italië is.” Hy begin wegstap. “Kom jy, Kali?” roep hy oor sy skouer. “Ek dink nie ons sal mekaar weer sien voor ons lughawe toe ry nie.” Ek soen Zak sag op sy wang. “Ek mis jou al klaar.” Hy gryp my hand toe ek omdraai om weg te stap. “Kali, ek is lief vir jou en ek sal nie toelaat dat iets . . .” Hy bly vir ’n sekonde stil, sy oë op Leonardo se rug, “. . . of iemand tussen ons kom nie.” “Niks sal ooit tussen ons kom nie, Zak,” is my laaste woorde voor ek agter Leonardo aan drafstap. Die Nuwelinge word na Venesië ontbied om voor die Internasionale Raad van Bewakers te verskyn. Selfs in die Bewakersvesting op Poveglia is hulle uitgelewer aan die Ander en word Kali se Helerskrag, maar ook haar lojaliteit, tot die uiterste beproef.

  • Die Poort 4: Krygers

    4

    Die Poort 4: Krygers
    Die Poort 4: Krygers

    “Jy het dalk hierdie geveg gewen, Kali van Gaia, maar die oorlog is nog lank nie verby nie. Solank ons vir Zak het, het ek mag oor jou.” Hy kyk minagtend na Leonardo. “Julle emosies is julle swakheid; julle ondergang.” Ek leun vooroor en pers spikkels dans voor my oë. ’n Tikkie vrees flits vir ’n oomblik oor Chanda-Mundia se gesig. Ek knip my oë en die pers verdwyn. “Om vir mekaar om te gee, maak ons sterk, nie swak nie. En glo my, daar is nie ’n plek in die heelal wat ek nie sal omkeer om vir Zak te kry nie.” Die Nuweling-Bewakers het die Internasionale Raad erg ontstel met hulle onvermoë om hulle Kragte en Magte te beheer, daarom bevind hulle hulle nou in Ierland. Maar Wicklow-kasteel is meer as net ’n opleidingsentrum – dis ook ’n gesofistikeerde beheersentrum wat al die Poorte op aarde monitor. Wanneer Kali ’n onwelkome gas in die kasteel toelaat, ontketen dit ’n reaksie wat die Ander die mag kan gee waarna hulle smag, en Kali se Bewakerkring vir altyd kan vernietig.

Author

Nelia Engelbrecht

Nelia Engelbrecht is in Klerksdorp gebore. In 1994 begin sy fiksie skryf – kortverhale en liefdesverhale. Haar jeugboek Pandora se boks is die wenner van 'n ATKV-kinderboektoekenning sowel as die Scheepersprys vir Jeuglektuur (2009). Sy werk tans as redakteur en skrywer in die Korporatiewe Sake-kantoor van die Potchefstroom-kampus van die NWU.

Read more from Nelia Engelbrecht

Related to Die Poort

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Die Poort

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words