Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Dieter en Madame Zenobia
Dieter en Madame Zenobia
Dieter en Madame Zenobia
Ebook142 pages1 hour

Dieter en Madame Zenobia

Rating: 4.5 out of 5 stars

4.5/5

()

Read preview

About this ebook

Dieter en Krynauw, twee graadsewes, beland in die kloue van Madame Zenobia, toe hulle op eie houtjie begin ondersoek instel na die vlaag diefstalle in die skool – hulle is veral bekommerd oor hulle rugbybeker wat verdwyn het. Maar Zaanlie en haar vriendinne is ook op die spoor van die dief en eintlik meer in die pad as van hulp. Uiteindelik slaag hulle tog daarin om die problem op te los, maar nie voordat hulle angswekkende oomblikke beleef en amper vir Sydney, Dieter se babaskilpadjie, moet opoffer nie.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798153027
Dieter en Madame Zenobia
Author

Nelia Engelbrecht

Nelia Engelbrecht is in Klerksdorp gebore. In 1994 begin sy fiksie skryf – kortverhale en liefdesverhale. Haar jeugboek Pandora se boks is die wenner van 'n ATKV-kinderboektoekenning sowel as die Scheepersprys vir Jeuglektuur (2009). Sy werk tans as redakteur en skrywer in die Korporatiewe Sake-kantoor van die Potchefstroom-kampus van die NWU.

Read more from Nelia Engelbrecht

Related to Dieter en Madame Zenobia

Related ebooks

Related articles

Reviews for Dieter en Madame Zenobia

Rating: 4.5 out of 5 stars
4.5/5

2 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Dieter en Madame Zenobia - Nelia Engelbrecht

    Dieter en Madame Zenobia

    Nelia Engelbrecht

    Human & Rousseau

    Aan my skrywersvriende wat saam met my die pad loop: Mona, Leon, Manie, Alita, Mariette, Annelie, Annetjie, Johan en Trudie.

    prelims.tif

    Hoofstuk 1

    Dis tjoepstil in die saal.

    Nie een kind waag dit om te snuif of te hoes of hard asem te haal nie. Almal staar met groot oë na die hoof, meneer Du Plessis.

    Sy vet vingers is soos ’n rou koeksister op sy groot maag ineengevleg. Sy ronde lyf wieg stadig vorentoe en agtertoe, asof hy enige oomblik op die verhoog gaan neerslaan. Die dun snorretjie op sy bolip krul soos ’n erdwurm op en af.

    D-dief ! Daar’s ’n dief in ons midde! kry hy die woorde uiteindelik uit.

    Wow, dis cool, fluister Krynauw hier langs my.

    Ek stamp hom in die sy. Sjuut, meneer Lourens kyk vir ons.

    Meneer Lourens sit op ’n stoel langs ons graadsewes teen die muur en loer agterdogtig in ons rigting. Sy ore is so groot soos satellietskottels. Ek sweer hy kan tot in Rusland met hulle hoor.

    Die dief het nie net verlede week die muurhorlosie uit die saal gevat nie, praat die hoof verder, maar gister het ses silwer teelepels ook uit die personeelkamer verdwyn.

    Sy gesig lyk vir my al hoe meer soos ’n uitgepofte oliebol met pienk versiersuiker op.

    Maar die ergste … die héél ergste is dat die dief vanoggend my goue papiermes van my lessenaar af gesteel het.

    Ek loer vinnig na die kinders skuins agter ons. Wow, dis nogal snaaks om te dink een van hulle kan die dief wees.

    Pouse praat almal oor die skooldief. Toe ek en Krynauw by die snoepie verbyloop, sien ons hoe ’n klomp meisies om Zaanli Viljoen saamdrom.

    Vandat sy kaptein van die onderveertien-netbalspan is, dink almal sy is wonderlik, sê Krynauw en trek sy gesig op ’n plooi. G’n netbalspeler sal die punch kan vat op ’n rugbyveld nie. Buitendien, dis óns rugbyspan se beker wat in die voorportaal staan.

    Dis waar, sê ek.

    Flip, dit was darem lekker toe ons die streek gewen het. Zaanli-hulle was net sirkelwenners.

    Ek is seker ons sal die skooldief kan vang, sê Zaanli vir haar maats toe ek en Krynauw by hulle verbystap.

    Krynauw gaan staan reg voor Zaanli. En hoe wil julle meisiekinders dit nogal doen? vra hy.

    Zaanli kyk hom op en af. Ons gaan jou beslis nie vertel nie, sê sy.

    Krynauw frons. Jy maak verniet of julle so slim is. Ek wed jou twintig rand ek en Dieter gaan daardie dief vang lank voor julle een ou plannetjie uitgedink het!

    Ek stik amper aan my marmitebroodjie. Krynauw se brein makeer seker iets. Die polisie kan dan nie eens die dief vang nie!

    Zaanli loer na my. Goed dan, dis ’n weddenskap, sê sy.

    Ek kry vir Krynauw aan die arm beet. Kom hier, sis ek en sleep hom weg.

    Zaanli roep spottend. Ek sien al hoe hol julle agter die skelm aan. Superman en Spiderman.

    My wange word warm toe ek hoor hoe die meisies agter ons giggel.

    Vir wat gaan jy sommer ’n weddenskap aan? Hoe dink jy gaan ons die skelm gevang kry? raas ek toe ons op ons gewone bankie langs die tennisbane sit.

    Ek kon dit nie help nie. Daardie meisiekind dink sy’s die kat se snor. Ek moes iets sê om haar stil te kry, brom Krynauw.

    Sure! En nou lag al die meisiekinders vir ons, sê ek en staar moedeloos na die stowwerige punte van my skoolskoene.

    Ek dink ek het ’n plan, sê Krynauw meteens.

    Ek kyk versigtig op. Krynauw se slim planne het ons al baie in die moeilikheid laat beland.

    Watse plan?

    Ek is seker die skelm is ’n kind in ons skool, want alles het in die middel van die dag weggeraak terwyl die skool vol kinders was. En niemand het ’n vreemde persoon op die skoolgrond gesien toe die goed gesteel is nie.

    Ek frons. Ja-a?

    Wel, dit beteken ons moet die kinders dophou, sê Krynauw.

    O, nè? En hoe moet ons nogal die hele skool dophou as ons self in die klas sit?

    Krynauw frons. E … e … ons moet iets uitdink sodat ons kans kan kry om rond te kyk.

    Soos wat?

    Krynauw sit vir ’n oomblik en dink. Dan grinnik hy. Sy oë blink. Ek hét dit!

    Trrrr! lui die klok.

    Krynauw spring op. Doen jy maar net wat ek doen.

    Ná pouse is dit Kuns en Kultuur by juffrou Blom. Sy hou ’n groot prent van ’n man in haar hande. Sy staar fronsend na die gesig.

    Ek … waar was ons nou weer? vra sy.

    Krynauw begin proes. Ou Blommetjie is vandag weer lekker deurmekaar, fluister hy.

    Ek kyk na die swartbord. Netnou, toe ons by die klas ingekom het, het juffrou Blom ’n naam geskryf. Vincent van Gogh, lees ek op die bord. Ek steek my hand op.

    Ja, Diederick?

    Om ons begin die kinders giggel. Ek sug. Ek háát dit as juffrou Blom so verstrooid is en my sommer enige naam noem.

    My naam is Dieter, juffrou. En ons praat vandag oor Vincent van Gogh.

    Juffrou Blom glimlag. O, ja. Kyk, kinders, dit is die skilder, Vincent van Gogh. Die man was ’n briljante kunstenaar wat later kranksinnig geword en sy eie oor afgesny het …

    Uhhg!

    Ek ruk byna ’n nekwerwel uit lit toe die alleraakligste geluid skielik hier langs my in die bank opklink. Dis Krynauw. Hy hou sy hand voor sy mond en sy wange is soos ’n brulpadda s’n opgeblaas.

    Oe-e-e! gil juffrou Blom, haar pienk roosknopmond op ’n tuitjie getrek. "Wat makeer?

    Uhhg … náár … ek’s vrééslik naar, juffrou! Ek dink ek en Dieter het pouse iets geëet wat nie … Uhhg!

    Net voor hy opstaan, pomp Krynauw my hard in die ribbes. Dan onthou ek wat ons afgespreek het.

    Uhhg! brul ek ook uit my maag uit.

    Kom julle al twee hier, dat ek kan sien wat fout is, sê juffrou Blom benoud.

    Net toe Krynauw reg voor die beroemde skilder se prent staan, trek die koutjie brood soos ’n missiel deur die lug.

    Die slobberige broodmissiel tref die arme Van Gogh teen die kant van sy kop. Hy het nou een gewone oor en een sopperige, nare broodoor.

    Ie-e-e! gil juffrou Blom. Sy skud haar wit haartjies soos sy gril. Julle twee moet liewer dadelik siekekamer toe gaan, sê sy, terwyl sy ons in die rigting van die deur stoot.

    Ons is skaars by die deur uit, of Krynauw vou dubbel soos hy lag.

    Ek lag my nog middeldeur, proes hy.

    Ek kyk vinnig in die rigting van die toe deur. Sjuut! Wil jy hê sy moet jou hoor?

    In die voorportaal loop ons die kantoortannie raak. Tannie Ella loer oor haar goueraam-brilletjie na ons. Ja? Wat kan ek vir julle twee doen?

    Ek gryp my maag vas. "Juffrou Blom het ons siekekamer

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1