DOOD VAN DIE DUIF
Crispy kom van agter af en glip haar hand onder sy T-hemp in. Soos ’n witmuis loop haar vingers vanaf sy naeltjie met die harepaadjie op tot tussen die weligheid op sy borskas. Dit verdwaal daar, so ruig is dit. En sy smelt.
“Moenie dit doen nie, ek het jou al gesê.” Danny laat val die houtlepel waarmee hy opgekapte ui in olyfolie rondgestoot het. “En hoe’t jy miskien ingekom?”
Sy koes indien Danny te kwaad gaan raak (hy sal nie), haar wimpers steeds geslote oor die puur sensasie wat sy pas beleef het. Dan sak sy op ’n kombuisstoel neer, haar kop tot byna op die tafelblad, die swart bob ’n gordyn oor haar gesig. Laatmiddagson vang die glasvaas wat daar staan en gooi ’n glimp lig terug op haar pikswart hare.
“Ek kan dit nie help nie. Jy weet mos,” praat sy deur haar
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days