SARIE

TIMTHERON

Om en om die trampolien hardloop Tim met die driejarige Migael en vyfjarige Sophia in hul tuin op Stellenbosch. Hy soms tot sewe kilometer ver.

Dan doen hy opstote, vyftien op ’n slag, met Migael op sy rug, en Sophia word twintig keer soos ’n gewig die lug in gestoot.

Daagliks klik ek op dié video’s op Instagram waarin die akteur en rolprentvervaardiger Tim Theron my en ’n reusegroep volgelinge vermaak.

Hy’t nie beplan om die kleintjies deel van sy oefenprogram tuis te maak nie, sê Tim. Hy wou mense se aandag net aflei van die coronavirus. En, erken hy, hy sukkel nogal nie om sy naam met ’n plank te slaan nie! Dit hou ten minste die kinders besig; hulle geniet dit.

Dit was in 2013 in die gewilde romkom Klein Karoo dat Tim die land se aandag met erns begin trek het. In die hoofrol teenoor Donnalee Roberts het SA meteens ’n nuwe Afrikaanse hartebreker gehad. Lank, donker en met daardie kenmerkende wil-wil glimlag was dit vir hom ’n deurbraakrol – nie net as akteur nie, maar ook as medevervaardiger. In die openingsnaweek het dié rolprent selfs beter gedoen by die plaaslike loket as Steven Spielberg se Lincoln. Suksesvolle projekte soos Vuil Wasgoed en Jagveld het gevolg. Die lys is lank.

“Ek is ’n storieverteller. Maak nie saak waar en hoe ek betrokke is nie,” het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Sarie
REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 082 934 5226 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 072 041 3393 KOSREDAKTEUR Herman Lensing SKRYWER EN ASSISTENT MODE EN KOS
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma
SARIE8 min read
Die Taylor Swift Effek
Ek is geen Swifty nie. Haar stem, beeld en hoofstroompopklank is vir my fifty shades of beige and vanilla. As die pa van ’n tienerdogter en ’n liefhebber van woord- en storievertelkuns, is ek egter ’n groot bewonderaar. En nes duisende ander joernali

Related