Huisgenoot

GEVAARLIGTE VOOR HY MY WOU MOOR

SY HET meer as 900 m ver grond toe geval toe haar valskerm nie wou oopgaan nie – en oorleef. Victoria Cilliers se ongelooflike verhaal het in 2015 die wêreldnuus gehaal, maar dit het ’n afgryslike wending geneem toe dit blyk haar Suid-Afrikaanse man, Emile, het met haar valskermtoerusting gepeuter.

Verlede maand het Emile se Suid-Afrikaanse eksverloofde en die ma van twee van sy kinders, Nicolene Shepherd, in ’n onderhoud met Huisgenoot (My eks die ‘monster’, 6 Augustus) vertel van sy ontrouheid en hoe sy soms vir hom bang was. Nou vertel Victoria self in ’n nuwe boek van die seksuele verraad, bedrog en leuens in hul huwelik voor hy haar koelbloedig probeer vermoor het. Hier is ’n uittreksel.

GOEIE hemel, dink ek. Ek wil dit nie doen nie. Ek is ’n beroepsvalskermspringer met duisende vryvalle agter my naam, maar terwyl die vliegtuigie klim, voel alles verkeerd.

My gedagtes dwaal heeltyd na my twee babas tuis. April is amper drie en Ben net vyf weke. Ek moet by hulle wees; nie hier nie. Die sprong was my man, Emile, se idee. Iets wat ons saam kon doen, het hy gesê, en daarom het ek ingestem.

Op die ou end het hy nie saamgekom nie, want hy kon niemand kry om die kinders op te pas nie. Nou hurk ek alleen by die vliegtuig se uitgang en maak my valhelm styf vas. Die klank van die enjin se gebrul en die wind verswelg die vliegtuig en my senuwees knaag. Tog kan ek nie nou kop uittrek nie.

Dis nou of nooit, besluit ek. Ek huiwer ’n breukdeel van ’n sekonde en verban

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Filantroop
beteken liefde en “anthropos” beteken mens of mensdom. In die oorspronklike Grieks beteken dit “liefde vir die mensdom”. ’n Filantroop is ’n weldoener wat sy tyd en geld gebruik om ander mense te help. In die middel van Indië se maand lange verkiesin
Huisgenoot5 min read
Spele-droom Vir Die Slim, Vinnige Outjie Van Ceres
AS KIND het hy in die stofstrate van Ceres saam met sy maatjies raakrugby gespeel – ’n regte klein blits met ’n Cokeplastiekbottel vol sand as die bal. Toe al het almal geweet: Dié mannetjie is vinnig, hoor. Maar nooit sou hy kon droom dat hy eendag
Huisgenoot8 min read
’n Sussie Ná Al Die Wag En Seer
HUL storie is een van báie wag. Van járe se gewag. En van teleurstelling keer op keer. Só graag wou hulle kinders van hul eie hê dat hulle nie net een of twee of drie keer in vitrovrugbaarheidsbehandeling ingespan het nie, maar ’n volle 17 keer. Sewe

Related