Die land is ‘siek’ weens geweld
‘Ek sê vandag vir my vrou dis soos ’n klip waaraan jy heeltyd kap as jy beeldhouwerk doen, tot dit naderhand kraak en verbrokkel. Elke plaasmoord was vir my ’n kap op die klip. Kap. Kap. Kap. Ek was die klip. En nou bedank ek, voor ek verbrokkel.”
Ian Cameron het 3 000 plaasaanvalle in sewe jaar as hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum hanteer.
Of jy nou ’n boer is of ’n joernalis, Cameron het sy foon enige tyd van die nag geantwoord, altyd gereed om uit te ry na die volgende grieselrige plaasaanval.
Cameron was die slagoffers se stem, die karweier van skoknuus.
Plaasmoordstatistieke is vir hom die beelde en reuke van aanvalstonele, en as hy elke maand voor sy sielkundige gaan sit, tuimel die detail uit hom soos daardie afgebeitelde stukkies klip.
“Dan steek my shrink ’n sigaret aan, en ek sit daar en is lús vir daardie sigaret.”
Dis dikwels klein detail van dié wrede moordtonele wat Ian bybly.
“Daar is ’n spesifieke reuk op die tonele . . . bloed wat bly lê
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days