Huisgenoot

VERLOS VAN ’N VROUESLANER

GEDURENDE hul verhouding van 17 jaar het die houe meestal agter geslote deure op haar neergereën – in die slaapkamer, op kantoor, in die kar…

Dan het sy maar elke keer die tekens van haar mishandeling met ’n groot sonbril en grimering vir die wêreld weggesteek. Later het sy vir haar twee seuntjies ook verbloem wat Pappa aan haar doen; nie eens haar ouers het geweet hoe die man wat sy liefgehad het haar pap slaan en verneder nie.

“Ek het dit altyd vir almal weggesteek. Toegesmeer. Gemaak asof dit nie gebeur het nie. Hoekom? Om hóm te beskerm! Omdat hy my elke keer belowe het dit sal nooit weer gebeur nie,” vertel Nicoleen Swart (35) vandag oor die man wat haar verinneweer het; die man wat onlangs landwyd die gesig geword het van huishoudelike geweld nadat die bewyse van sy vuiste se gruwerk aanlyn in videomateriaal gedeel is.

“Ek wou nie hê mense moet weet wat hy aan my doen nie. Dis vernederend, want dis dan die man wat jy liefhet wat dít aan jou doen. Wat gaan die mense dink?”

Maar nou weet álmal – en daaroor is Nicoleen nie meer spyt nie.

‘TOE EK MY OË OOPMAAK EN SIEN MY HANDE IS VOL BLOED, TOE WEET EK: VANDÁG GAAN EK DOOD’

Dis ’n sonnige winterdag hier langs die swembad in ’n vriendin se veiligheidskompleks, maar Nicoleen dra nie ’n donkerbril

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot2 min read
Ontmoet Die Hoofkarakters
Sebastian is ’n professor in entomologie en probeer almal in sy familie se pad gelyk maak, vertel Albert. Hy’s ’n ordentlike man, maar sy begrip vir sy vrou, Elma, is nie heeltemal op dieselfde standaard as sy kennis van insekte nie. Hy is geneig om
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Nadine Blom
Wat is geluk vir jou? Daai oomblik wat jy weet jy het ’n verskil gemaak in iemand anders se lewe. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Op die verhoog, besig om te sing of mense te vermaak. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Ek hou myself gr

Related