Huisgenoot

MY EKS DIE ‘MONSTER’

SY HET al die verdoemende getuienis voor die Britse hof gehoor dat haar man, die Suid-Afrikaans gebore pa van hul kinders, haar probeer vermoor het deur haar valskerm te saboteer.

En dat hy stomende seksuele verhoudings met twee ander vroue tegelyk gehad het terwyl sy ná haar angswekkende val van 1 200 m met ’n gebreekte pelvis, gebreekte ribbes en gebreekte rugwerwels in die hospitaal gelê het.

Daar was die honderde oproepe, e-posse en SMS’e aan sy minnaresse en ’n seksklub. Die bewyse dat hy haar bankrekenings geplunder het. En dan die skokkende getuienis dat hy ’n week voor die valskermvoorval in 2015 ook probeer het om haar te vermoor deur met ’n gasstoof in hul huis te peuter.

Maar steeds was die Britse fisioterapeut en valskerminstrukteur Victoria Cilliers onwillig om te glo in die skuld van haar man, die Britse weermagsersant Emile Cilliers.

In haar nuwe biografie, I Survived, skryf sy oor ’n oomblik tydens sy verhoor in 2017: “Die advokaat het my gevra of ek glo hy het my valskerm gesaboteer. Maar ek moes eerlik antwoord: ‘Ek weet nie.’ Die gevoel op die krop van my maag is hy sou nooit so iets aan my doen nie, maar ek weet bloot nie meer nie.”

Selfs nadat Emile (39) drie jaar ná die byna geslaagde valskermmoord skuldig bevind is, was Victoria (36) onseker. Sy het hom op sy versoek in die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot1 min read
Restoureer
Dit beteken om iets tot sy oorspronklike toestand te herstel. “Re-” is ’n voorvoegsel wat beteken om iets te herhaal, presies net soos “her-”. En “stauros” kom uit Grieks uit en beteken “paal”. Hoe op dees aarde die twee saam “herstel” beteken, sal n
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related