Kuier

WREED WEGGERUK

’nDroë bloedspoor op die sypaadjie van Dywillistraat in Asla Park, Mosselbaai, is die stille getuienis van die gewelddadige gebeure wat in die vroeë oggendure van 6 Oktober in dié straat afgespeel het. Michaela Booysen, ’n plaaslike 17-jarige graad 8-leerder, is wreedaardig deur drie mans in dié straat aangeval. Een van hulle het haar met ’n piksteel agter haar kop gekap en vir dood agterlaat . . .

Terwyl sy hulpeloos in die straat gelê het, het haar aanvallers haar boonop deursoek vir besittings en haar beroof van haar tekkies. Hoewel Michaela nog ná haar kophou gelewe het, het sy uiteindelik haar laaste asem op daardie einste sypaadjie uitgeblaas . . . Dieselfde sypaadjie waar sy al soveel kere vantevore op geloop het.

FAMILIE AANGEVAL

Met Kuier se besoek aan die Booysen-familie in Uitbreiding 13, Mosselbaai, sit die son hoog en die voëltjies tjirp luidrugtig. Buite in die straat hardloop die kindertjies laggend rond. Dit staan in skrille kontras met die gemoed in die Booysens se woning. En wanneer ’n mens hoor wat die familie al alles moes trotseer, kan jy nie anders as om te wonder hoe dié familie steeds staande bly nie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Speel-speel
Daar is agt verskille tussen die prentjies hieronder. Kan jy hulle almal opspoor? Rangskik die kleurblokkies sodat hulle die vorm voltooi. Help die nutsman om by die treinwa uit te kom. ILLUSTRASIES: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES ■
Kuier9 min read
Nog Altyd Haar Pappie Se Prinses
“Pappie, watch,” sê Jo-Ann Strauss (43) wanneer die kamera begin kliek. ’n Klipgooi verder kyk haar pa, Johann, met ‘n glimlag hoe sy meisiekind pose tydens hul voorbladfotosessie Johann (66) trek deurentyd los met ’n grappie terwyl sy beeldskone dog
Kuier1 min read
Tv-gids
MÓÉT-KYK! Blue Beetle (M-Net, Sondag 30 Junie om 20:05) Jaime Reyes (Xolo Maridueña) kom in besit van die Scarab, 'n antieke relic van uitheemse biotegnologie. Wanneer die Scarab vir Jaime as sy bio-host kies, kry hy 'n ongelooflike wapenrusting wat

Related