Huisgenoot

DEVILSDORP

DIS ’n reeksmoordriller uit die dieptes van die hel, so donker en ontstellend dat die duiwel self die draaiboekskrywer kon wees. Maar dis alles die grusame, verbysterende waarheid.

Die moordkliek beheer deur die dominerende Cecilia Steyn het hulself “Electus per Deus” (Gekies deur God) genoem, maar duiwelswerk gedoen. Hul bloedspoor van 2012 tot 2016 staan in die Suid-Afrikaanse misdaadgeskiedenis opgeteken as die “afspraakmoorde” of die “Krugersdorp-reeksmoorde”.

Die opspraakwekkende moordverhoor van die kliek van ses het die land met afgryse vervul. Elf slagoffers is vermoor tydens hul gewetenlose geweldstog deur-spek met ’n obsessie oor die okkulte. Dit was ’n boosheid só erg, baie mense wou eerder wegkyk en nie daarvan weet nie.

Maar dit is dié donker verhaal wat aan die hart van die Wes-Rand afgespeel het wat nou opnuut oopgevlek word in die opspraakwekkende nuwe Showmax-dokkie Devilsdorp, vervaardig deur Wim Steyn van Idea Candy. En kykers sit hierdie keer vasgenael …

Die dokkie deins nie terug van die wrede werklikheid nie en dek die geheim van Cecilia se byna bonatuurlike greep op haar moordbende, die slagoffers

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Regte ‘Chemistry’ Én Op TV
Dié twee ken mekaar al dekades lank, tog was dit eers onlangs dat VINETTE EBRAHIM en CEDWYN JOEL sáám op stel beland het – en toe nie net vir een reeks nie, maar sommer twee. In die Showmax-dramareeks Koek speel Vinette en Cedwyn ’n ougetroude paartj
Huisgenoot2 min read
Die Aarde Se ‘Tweede Maan’
DAAR word al baie jare bespiegel dat die Aarde dalk meer as een maan het. Verskeie van die natuurlike satelliete wat naby die Aarde se wentelbaan voorkom, is al voorgestel as moontlike mane, maar nie een is al bevestig nie. Een van die moontlikhede,
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related