As ’n melkstal se hart ophou klop
My pa se broer Karel van der Berg boer al 45 jaar op die plaas Charlottenburg tussen Bloemfontein en Verkeerdevlei. Op dié einste plaas, tussen die rooigras aan die westekant van ’n klipperige rantjie, lê my pa begrawe.
Stap ek terug, tot reg aan die begin van my geheue, kry ek oom Karel in sy melkery. Hy tel my op sodat ek kan kyk hoe ’n dam wit romerigheid in ’n groot, blink tenk geroer word…
Maar in November verlede jaar moes oom Karel die melkery sluit. Nie omdat hy wou nie. Al het hy 75 somers agter die blad, beweeg hy nog flink oor die aarde, en as ’n mens 45 jaar lank elke dag dieselfde ding doen, kan jy nie sommer net skielik daarmee ophou nie. Hoe gaan jy weet wat om môre te doen?
“Ek weet nie,” sê oom Karel aan die kop van die lang kombuistafel. Agter hom hang ’n kerkalmanak. Deur die vierkantjie van 3 November is ’n rooi streep getrek. As
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days