DAAR is baiehartverskeu - rende stories oor Charles as ’n kind, maar een wat sy kwesbaarheid en onsekerheid miskien die beste bewys, kom uit die tyd toe hy agt jaar oud was. Hy was besig om middagete te geniet by Broadlands, die woonplek van sy grootoom lord Louis Mountbatten (meer oor Mountbatten op bladsy 30) en dié se vrou, Edwina, en het ’n bakkie wilde-aarbeie gekry om te eet.
Die seuntjie het die aarbei-steeltjies stelselmatig begin verwyder tot Edwina gesê het: “Moenie die stele uithaal nie. Kyk, jy kan die aarbeie aan die stele optel en in die suiker doop.”
Oomblikke later het Charles se niggie, Pamela Hicks, gesien hoe hy bloedrooi bloos, oor die bakkie buig en die steeltjies probeer terugdruk.
“Dit was so hartseer,” het sy later onthou. “En so tipies van hoe sensitief hy was.”
Die manier waarop hy deur sy pa behandel is, het dinge vir die arme Charles nóg moeiliker gemaak. Sy pa was die een mens wie se goedkeuring hy begeer het.
Prins Philip het egter gedink sy seun is sag en swak en het geglo dis sy werk om hom taai te maak. Philip was ’n “stomp instrument” wat hom nie van persoonlike aanmerkings kon weerhou nie, skryf Sally Bedell Smith in The Lonely Heir en Prince Charles: The Passions and Paradoxes of an Improbable Life.
“Hy was ook sarkasties teenoor sy dogter, Anne. Maar Charles se kleinsus was ’n selfversekerde ekstrovert en kon terugpraat, terwyl die prinsie verlep en hom net verder in sy hoekie teruggetrek het.”
Philip was baie lief vir Anne. Hy het haar as ’n sielsgenoot beskou en