DIE prins van Wallis kon nie ophou glimlag toe hy op 21 Junie 1982 by die Lindo-vleuel van dieS t. Mary-hospitaal in Wes-Londen uitstap nie. Hy het vir die eerste keer pa geword en die hele wêreld kon sien hoe hy straal.
“Hoe voel u?” het ’n verslaggewer gevra.
“Ek is duidelik verlig en verheug,” het hy geantwoord. “Dis fantasties. Dis ’n taamlike grootmensding, het ek agtergekom.”
Charles, wat toe 33 was, was die hele bevalling lank langs Diana se bed.
“Dit het gevoel of ek diep aan die geboorteproses deelneem en as gevolg daarvan is ek beloon met die aanskouing van ’n skepseltjie wat aan ons behoort, al het dit gelyk of hy aan almal anders ook behoort,” het hy later gesê met verwysing daarna dat William ’n troonerfgenaam is.
Die koningin was minder sentimenteel. “Dank die hemel hy het nie sy pa se ore nie,” het sy glo gesê toe sy William ontmoet.
Net meer as twee jaar later was Charles en Diana terug op die trappe van die Lindo- vleuel met ’n nuwe bondeltjie in die vorm van Harry. “Hy het bleekblou oë en sy hare is ’n onbepaalde soort kleur,” het Charles vir die skare buite die hospitaal vertel.
“Ek gaan nou ’n stewige dop drink.”
DIE VROEË JARE
Aanvanklik het Charles die meeste daaglikse ouerskapswerk oorgelaat aan Diana, wat net ’n maand voor haar 21ste verjaardag ma geword het.
Maar toe die seuns uit hul babafase is, het hy sy natuurlike inkennigheid oorkom en meer betrokke geraak.
In sy boek onthou prins Harry ’n prettige