Huisgenoot

WINDSOR SE SPAARWIELE

‘EK KAN DOEN WAT EK WIL, WANT EK GAAN NIE KONING WORD NIE’

DIS nóú moeilik om jou dit voor te stel, maar prins Andrew was eens sy broerskind prins Harry se gunstelingoom.

Nie meer nie. Deesdae is omtrent die enigste ding wat hulle in gemeen het hul status as koninklike uitgeworpenes – al is dit om heel verskillende redes.

Albei dié mans, wat op hul tyd die spaarwiele vir die Britse troon was, is deesdae erg ongewild onder die Britse publiek. ’n Onlangse peiling het getoon net 22% van Britte het ’n “gunstige” siening van Harry, terwyl net 7% enigiets goeds oor Andrew te sê het.

Dit is maklik om te vergeet, maar daar was ’n tyd toe Harry en Andrew albei onder die publiek geliefd was – en boonop baie van mekaar gehou het. Toe Harry nog ’n rooikopknapie was, het hy en Andrew goed oor die weg gekom omdat hulle albei in die weermag belanggestel het. Harry was mal daaroor om te luister hoe sy oom vertel van sy heldedade as helikoptervlieënier in die Falklandoorlog; en op sy beurt het Andrew dit baie geniet om die kind met sy stories te vermaak.

Dit het ongetwyfeld ’n groot indruk gemaak op die jong prins, wat later sy eie verhale sou vertel oor hoe hy vanuit ’n helikopter in Afghanistan op die Taliban oorlog gemaak het.

Maar dit is nie ál wat hulle in gemeen het nie. Albei het ’n groot deel van hul lewe as “spaarwiele” gedien – koninklike seuns wat op die reserwebank moes wag ingeval hul ouer broer kinderloos sou sterf voor hulle die troon kon bestyg.

Om as spaarwiel groot te word, soos Harry dit in sy outobiografie, , duidelik gemaak het, is ’n aardige posisie. Hoewel hy intussen tot vyfde op die lys van aanspraakmakers op die troon (en Andrew tot

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related