Huisgenoot

KONING CHARLES III

‘Dit is steeds vir my moeilik om te glo ek het regtig ’n baba van my eie’
- ELIZABETH IN ’N BRIEF AAN HAAR NIGGIE TWEE WEKE NÁ CHARLES SE GEBOORTE

’N KONING WORD GEBORE

Die toekomstige koning van Engeland, Charles Philip Arthur George, is op 14 November 1948 om 21:14 met behulp van ’n keisersnee in Buckinghampaleis in Londen gebore. Sy ma, toe nog prinses Elizabeth, was 22 jaar oud. Charles se pa, prins Philip, was die ene afwagting toe sy vrou in kraam gaan met hul eersteling en het gaan muurbal speel om sy senuwees te laat bedaar. Hy was nog in sy sportklere toe hy verneem sy seun is gebore en deur paleisamptenare gehaal is om sy baba te ontmoet. Dié foto’s is geneem toe baba Charles ’n maand later, in Desember 1948, gedoop is. By Elizabeth en haar eersteling is haar ouers, koning George VI en koningin Elizabeth, met prins Philip wat toekyk. Koning George is net meer as drie jaar later, in Februarie 1952, dood en Elizabeth moes toe monarg van Brittanje en die Statebond word, met klein Charles as haar beplande opvolger.

AS MAMMA OOK MONARG IS

Elizabeth is later in haar lewe soms daarvan beskuldig dat sy ’n koue, onbetrokke ma was – haar kinders moes dikwels tweede viool speel teenoor haar toewyding aan ’n lewe van diens en plig. Tog was sy lief vir Charles en sy sibbes, Anne, Andrew en Edward. Anne was van kleins af die rabbedoe, Andrew die stoute oogappel, en Edward die jongste wat dinge makliker gehad het as sy ouer broers.

DIE KONINGIN WORD GEKROON – MET DIE PRINS AAN HAAR SY

Elizabeth is ná die dood van koning George VI in 1953 as koningin Elizabeth II gekroon. Klein Charles het ná haar kroning saam met sy sussie, Anne, by sy ouers

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot5 min read
Nog Aan Die Brand
MY PA is dood toe ek 17 was. Ek het skool gelos en begin boer. Met geen ondervinding nie. Op 23 het ek die plaas verloor. Ek het nie geweet waarnatoe nie. Selfs plaasvoorman probeer wees, maar dit het ook nie gewerk nie. Ek het niks geweet van boer n
Huisgenoot2 min read
Vuurvliegies
VERBEEL jou dis laat op ’n warm someraand en skielik kry die naglug om jou lewe. Oral dartel vrolike klein liggies rond wat die landskap in ’n sagte gloed omhul. Dis die vuurvliegies wat uitgekom het en nou met mekaar maats maak deur hul liggies te f

Related