Huisgenoot

Haar BINNEKRING

HAAR GROOTSTE LIEFDE

PRINS PHILIP

TOE die 13-jarige prinses Elizabeth prins Philip in Julie 1939 die eerste keer sien, was sy dadelik smoorverlief.

Die blonde vlootkadet was 18 jaar oud en op die punt om by die Britse vloot aan te sluit. Nes sy was hy van koninklike afkoms, maar anders as haar familie was hy platsak. Philip was haar agterkleinneef – hulle het dieselfde ooroorgrootouers gehad, koningin Victoria en prins Albert.

Elizabeth en prinses Margaret – vergesel deur hul ouers, toe reeds ingehuldig as koning George VI en koningin Elizabeth – het die Britannia Royal Naval College in Dartmouth, Engeland, besoek, maar ’n uitbreking van pampoentjies en waterpokkies het beteken hulle moes die kerkdiens misloop.

Elizabeth en Margaret is toe na die kollegehoof se huis gestuur, en dis waar sy en Philip mekaar ontmoet het.

Die prinsesse se goewernante, Marion Crawford, beskryf in haar memoires, The Little Princesses, hoe Philip in die huis ingeparadeer het. Hy het voorgestel hulle gaan sit buite by die tennisbane. Elizabeth kon haar oë nie van hom afhou nie, skryf Marion. Hy was atleties en ’n ekstrovert en het die prinsesse beïndruk deur oor die nette te spring. “Kyk hoe hoog kan hy spring!” het Elizabeth grootoog opgemerk.

Elizabeth wou ná daardie naweek met Philip trou en het selfs “mevrou Elizabeth Greece” in haar notaboekies geskryf.

Philip het moeilike kinderjare gehad. Hy is op die Griekse eiland Corfu gebore as die seun van prinses Alice van Battenberg en prins Andrew van Griekeland, die afstammeling van ’n Deense prins wat vir die Griekse troon gewerf is.

Toe hy ’n kleuter was, is sy familie ná ’n militêre staatsgreep uit Griekeland verban. Sy ouers en vier susters het in Parys gaan woon in ’n huis wat aan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related