Huisgenoot

Jong LIEFDE

TOE prinses Elizabeth prins Philip die eerste keer sien, was sy dadelik smoorverlief.

Die lang, aantreklike, blonde vlootkadet was 18 jaar oud en op die punt om hom by die Britse vloot aan te sluit. Nes sy was hy ook van koninklike afkoms, maar anders as haar familie was hy platsak.

Dit was Julie 1939 en die prinses het net ’n paar maande tevore 13 geword. Philip was ook haar agterkleinneef – hulle het dieselfde oorgrootjies gehad, koningin Victoria en prins Albert.

Philip se ouers was prinses Alice van Battenberg en prins Andreas van Griekeland, die afstammeling van ’n Deense prins wat in die middel 19de eeu vir die Griekse troon gewerf is.

’n Mate van ondertrouery was nie ongewoon in koninklike families nie. Koningin Victoria en prins Albert was byvoorbeeld neef en niggie en het dieselfde grootouers gehad – Francis, die hertog van Sakse-Coburg-Saalfeld en hertogin Augusta Reuss-Ebersdorf.

Maar terug by Die Ontmoeting: Elizabeth en prinses Margaret het dié dag saam met hul ouers besoek afgelê by die Britannia Royal Naval-kollege in Dartmouth.

Hulle moes ’n kerkdiens saam met die kadette bywoon, maar dis afgestel omdat pampoentjies en waterpokkies in die kollege uitgebreek het. Elizabeth en Margaret is toe na die huis van die kollegehoof gestuur, en dis

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Jou Regte In ’n Saamwoonverhouding
1 Wat is ’n saamwoonverhouding? Dit is as jy en jou lewensmaat elke aspek van jul lewe – soos verblyf, finansies en huishoudelike verantwoordelikhede – deel, maar nie getroud of in ’n burgerlike vennootskap is nie, sê Danielle Mylie van die regsfirma
Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot2 min read
Filantroop
beteken liefde en “anthropos” beteken mens of mensdom. In die oorspronklike Grieks beteken dit “liefde vir die mensdom”. ’n Filantroop is ’n weldoener wat sy tyd en geld gebruik om ander mense te help. In die middel van Indië se maand lange verkiesin

Related