Huisgenoot

Van Lilibet tot KONINGIN ELIZABETH

HAAR KINDERJARE

Die dogtertjie wat as volwasse vrou Brittanje se langs heersende monarg sou word, is in ’n gewone huis, Brutonstraat 17 in Mayfair, Londen, gebore. Dit het aan haar oupa aan moederskant, die 14de graaf van Strathmore, behoort.

Dit het gegiet van die reën toe sy op 21 April 1926 om twintig voor drie die oggend met ’n keisersnee verlos is.

Haar ouers, toe nog die hertog en hertogin van York, het besluit op die naam prinses Elizabeth Alexandra Mary Windsor.

In ’n berig oor haar doop in ’n privaat kapel by Buckinghampaleis het Time onthul water is spesiaal vir die plegtigheid van die Jordaanrivier gebring.

Die blonde blouoogprinses het die bynaam Baby Betty by die Britse media gekry, maar haar familie het haar gou Lilibet genoem – ’n nabootsing van die naam wat sy kleintyd vir haarself gegee het omdat sy nie “Elizabeth” kon uitspreek nie.

Al was Elizabeth skaam, het sy ’n vrolike, speelse kant gehad, en sy was die enigste lid van die familie wat nie vir haar knorrige oupa, koning George V, bang was nie. Sy het die koning “Grandpa England” genoem en hom om

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot1 min read
Restoureer
Dit beteken om iets tot sy oorspronklike toestand te herstel. “Re-” is ’n voorvoegsel wat beteken om iets te herhaal, presies net soos “her-”. En “stauros” kom uit Grieks uit en beteken “paal”. Hoe op dees aarde die twee saam “herstel” beteken, sal n
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related