Huisgenoot

IN KONINGIN ELIZABETH SE DIEP SPORE

HY HET LANGER AS ENIGE BRITSE TROONOPVOLGER VOOR HOM GEWAG. GEEN MENS WAG SO LANK VERGEEFS NIE

’N VAALJAPIE met bakore. ’n Ou snob wat hom in sy paleise met eksentrieke stokperdjies ophou. ’n Koudbloedige man wat sy eerste vrou en sy jongste seun van hom vervreem het.

Oor die jare is prins Charles van Engeland, nou koning Charles III, op allerlei maniere – meestal onvleiend – beskryf. Trouens, in die 70 jaar dat Charles eerste in die lyn was om sy ma, Elizabeth II, as Britse monarg op te volg het hy soveel negatiewe gevoelens onder sommige sektore van die publiek laat opwel dat party mense bespiegel het hy sal nooit koning word nie.

Veral die ineenstorting van sy huwelik met prinses Diana het hom diep ongewild gemaak. Hoewel dit later sou blyk hy was nie al een in dié huwelik wat aan die verkeerde kant van die laken rondgevry het nie, het die publiek hom wyd beskou as die een wat met sy wreedheid teenoor die sensitiewe “People’s Princess” hul huwelik op die rotse gedryf het.

Daarbenewens is dit ook lankal bekend dat hy nogal vreemd kan optree. Nie net praat Charles met plante en bome nie; hy luister glo ook na hulle.

Én dan is hy blykbaar ’n bedorwe man wat soms oorkom asof hy dink hy is te goed vir hierdie wêreld. Wanneer Charles op

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Hy gaan op 72 deur ’n rowwe tyd weens rugbeserings, sê Leon Schuster. Maar hy maak grappies deur die pyn – en hy gáán nog sy droomfliek maak My prins, ek love jou en bid vir jou. Wees sterk my ou en beweeg, staan op, beweeg. My liewe grapjas, hou net
Huisgenoot6 min read
Tuindoepa
ALLES is in skakerings van groen. Swartgroen struike groei welig in die skadu van die fluoressente geelgroen koorsboom. ’n Groepie unieke blougroen broodbome word deur olyfgroen siergras omsoom. Eenkant groei die skoonma-se-tong. Geharde blaartonge k
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related