KONING CHARLES III het ’n ikoniese voorbeeld om te volg. Toe sy ma koningin geword het, was sy net 25 jaar oud, ’n amper onaantasbare skoonheid met ’n perdebylyfie en die magnetisme van ’n rolprentster.
Sy het 70 jaar lank geheers, toesig help hou oor van die gewigtigste oomblikke in die geskiedenis, en talle familieverbrokkelings en -dramas bestuur – en dit alles met ’n skerp brein, gesonde verstand en vasberade onverstoorbaarheid hanteer.
Sy was die familie se rock-ster, die een wat die geheimsinnigheid en betowering van die koninklike familie aan die lewe gehou het – en toe sy oorlede is, het ’n bietjie van die glans ook verdwyn.
Koningin Elizabeth het dalk piepklein nommervier-voete gehad, maar sy het groot skoene gelaat om vol te staan. En nou is dit die taak van die man wat al dekades op die kantlyn wag, om sý stempel op die geskiedenis af te druk.
Charles was in baie opsigte gelukkiger as sy ma, wat min tyd gehad het om haar eie lewe te lei voor sy koningin geword het.
Daarteenoor kon die koning baie vermag. Hy het universiteit toe gegaan. Hy het ’n rits glansryke