Huisgenoot

SIEMBAMBA, MAMMA SE KINDJIE

MATCH-BOX op matchbox hierso op die kaal Cape Flats-sand, hierso waar die South Easter op sy worst waai … Here, where flowers an’ grass jus’ don’t grow.

Dis asof Adam Small hier op Middelpos, Saldanha, gestaan het toe Joshlin een middag verbyhardloop. Haar ligte hare is in ’n vlegsel vasgemaak en haar groenblou oë glinster in die son. Sy hou van vlegsels.

Sy’s op pad skool toe. En vanmiddag gaan sy saam met die buurt se kinders kom speel.

Soms kry sy ’n geldjie, dan gaan sy gou huiskafee toe vir lekkergoed. Vir ’n rand kan sy darem ietsie kleins kry om te kou.

Haar grootste plesier is om in die middag by ’n tannie te gaan kuier wat sy al van kleintyd af ken. Daar kyk sy tekenprente op die televisie. Voor die “poppetjies” sit sy vasgenael.

Dié vrou maak haar huis al jare vir Joshlin oop. Hier speel en eet sy heerlik. Sy noem die tannie sommer “Mamma”.

“Joshlin is ’n lieflike kind,” vertel een van die mense wat haar gereeld hier sien speel. “Sy het sulke mooi maniere. En sy hou van speel. Sy is te pragtig, met die mooiste ogies en die mooiste glimlag. Sy is lief vir haar lekkertjies. Sy is veral lief vir TV kyk.”

En wanneer die son sak, is sy terug: ’n sinkplaathut ’n paar kilometer weg.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Filantroop
beteken liefde en “anthropos” beteken mens of mensdom. In die oorspronklike Grieks beteken dit “liefde vir die mensdom”. ’n Filantroop is ’n weldoener wat sy tyd en geld gebruik om ander mense te help. In die middel van Indië se maand lange verkiesin
Huisgenoot5 min read
Spele-droom Vir Die Slim, Vinnige Outjie Van Ceres
AS KIND het hy in die stofstrate van Ceres saam met sy maatjies raakrugby gespeel – ’n regte klein blits met ’n Cokeplastiekbottel vol sand as die bal. Toe al het almal geweet: Dié mannetjie is vinnig, hoor. Maar nooit sou hy kon droom dat hy eendag
Huisgenoot8 min read
’n Sussie Ná Al Die Wag En Seer
HUL storie is een van báie wag. Van járe se gewag. En van teleurstelling keer op keer. Só graag wou hulle kinders van hul eie hê dat hulle nie net een of twee of drie keer in vitrovrugbaarheidsbehandeling ingespan het nie, maar ’n volle 17 keer. Sewe

Related Books & Audiobooks