Kuier

MAATJIES STERF SAAM

'n Piepklein gemeenskap wat nou in diepe rou gedompel is deur die sinlose en gewetenlose moord op twee kinders.

Hier ken almal vir almal, maar nou is hulle saamgesnoer deur die pyn en verwyte dat hulle dalk die lewens van twee meisies kon gered het as hulle werklik gestand gedoen het aan die ou gesegde:"It takes a village to raise a child. My kind is jou kind."

Nou deel hulle die smart, maar is ook diep verdeeld omdat meer nie vir twee van hul kwesbaarstes gedoen is nie …

Dít is die gevoel wat 'n mens kry wanneer jy met die mense van Albertinia, 'n klein dorpie sowat 50 km buite Mosselbaai in die Suid-Kaap, gesels. Skokgolwe het op 22 September deur dié gemeenskap getrek toe op die toegedraaide lykies van twee maatjies, Sharon Arries (9) en Jacorene Vaaltyn (10), afgekom is. Die kinders was sedert die vorige dag vermis. Luidens berigte is die kinders verwurg, sand is in hul kele gestop en hulle is toe versmoor. 'n Byl is na bewering ook op die toneel gevind waarmee die beskuldigde vermoedelik hul lyke wou opkap en daarna in die gate wou begrawe wat hy toe reeds by sy sinkhok gegrawe het.

Kaptein Malcolm Pojie, 'n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Volgens hom dui die lykskouing daarop dat die twee meisies weens versmoring gesterf het.

Hy het ook gesê daar was geen tekens van seksuele aanranding nie. Tog het een van die kinders se ouers, Maureen Vaaltyn, aan gesê die beskuldigde, Timothy Ova (55), het na bewering al Vaseline aan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Bybel-blokraai
NR. 285 WEN R350 KONTANT! VRAAG: As wat staan die sewende dag van die week in godsdiensterme bekend? SKRYF SÓ IN: Vul die Bybel-blokraai korrek in, skryf die letters in die kleurblokke neer en gebruik dit om die antwoord te ontrafel. SMS jou antwoord
Kuier7 min read
As Klaasvakie Wegkruipertjie Speel
Hande op as die bedkassie al jou kopkussing was terwyl jou kleuter jou hele bed oorvat. Of as jou baba net vir ‘n paar minute op ‘n slag slaap of jou skoolgaande kind nog laatnag wakker is en soggens vol nukke is met opstaantyd. Michey* ken dié gevoe
Kuier1 min read
Lei Jouself Op
Mimi sê die Parent Effectiveness Training (PET)-kursus is ‘n “fantastiese kursus vir ouers wat hulle leer hoe om beter te kommunikeer met hul kinders, maar ook met almal rondom hulle”. Sy is self ‘n instrukteur en sê dié kursus, wat plaaslik en wêrel

Related