Weg!

Met die Klein-Karoo getoor

Ladismith is die plek waar my ma gebore en grootgeword het en ek hou al my hele lewe lank hier vakansie. Al langs die Klein-Swartberg lê valleie met vrugbare grond en bergwater en die mooiste plaasname: Voorbaat, Dwarsrivier, Buffelskloof, Hoeko, Abraham H. de Vries se Winkelplaas, Van Zylsdamme…

Ons het altyd vir ouma Emmie op Voorbaat aan die voet van die berg gaan kuier, met Towerkop wat bo ons uittroon.

As kind is ek die Bybelstorie van Kanaän, die beloofde land, vertel. Daar is beskryf hoe die druiwetrosse só groot was dat twéé mans dit uit die boorde moes dra. In my kinderkop het daardie storie beslis op Ouma se plaas afgespeel. Die trosse was langer as my kinderarmpie. Dis waar my pa vir ons in die boord taaipitgeelperskes gaan pluk en met sy rooi knipmessie afgeskil en vir elkeen ’n skyfie op ’n mespunt aangebied het.

Ná ’n kuier op die plaas was daar skaars in die kar plek om te sit, want dit was tot barstens toe vol gelaai met vrugte, groente en KWV-brandewyn vir die Krismiskoek.

Nou is daar nie meer ’n familieplaas nie, maar ná my onlangse besoek het ek steeds met ’n volgelaaide motor by die huis aangekom – vrugte, olyfolie, kaas, botter, gedroogte tamaties, wyn…

Langs die hoofstraat (die R62 loop deur die dorp) is ’n restaurant genaamd Kanna Kombuis. Ek sit aan vir ’n Wêreldbeker-ontbyt (1 eier, 1 spekreep, 1 roosterbrood, 1 worsie, 1 koffie). Langs die restaurant is sy plaaswinkel wat groente en vrugte uit die streek verkoop.

Buite stop ’n vragmotor vol waatlemoene van Buffelskloof. La Grange Volschenk en sy seun Jan het kom aflaai, want hier loop die goed soos stroop.

“Ladismith het die vriendelikste mense in die land,” vertel La Grange. “As jy hier bly, wil jy op geen ander plek bly nie. Ek toer ook soms ’n bietjie rond. As ek terugkom, dan sê ek altyd ‘Ladismith is die lekkerste plek’.”

Sy plaas is aan die voet van Towerkop, waar die uitdagende bergklimroete begin. La Grange kyk in Towerkop se rigting. “Dié berg is nog soos die liewe Here hom gemaak het. Die mens het hom nog nie gaan opdinges nie.”

Sy dogter Lourensa Marais is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg1 min read
Kyk Hier!
Die Via Alpina is ’n netwerk van vyf langafstand-staproetes wat van Slowenië af regdeur Oostenryk, Duitsland, Liechtenstein, Switserland, Italië en Frankryk tot in Monaco strek – al met die Alpe langs. In totaal loop dié voetpaaie oor sowat 5 000 km
Weg8 min read
’n Sagter benadering
Die lees van die woord “wildernis” vuur in baie stappers se gemoed ’n noodfakkel af. Hulle hou van stap en buite wees, maar soek sekere geriefies: ’n hut, spoeltoilet, gemerkte roetes… daai soort ding. Dit skep die verwagting dat jy deur digte plante
Weg8 min read
Prentjiemooi Phiring
Phiring, ’n gemeenskap van sowat 600 huishoudings, lê op die Panorama-roete, maar min mense weet van dié plek. Noord van die dorpie styg die landskap vir bykans 1 000 m geleidelik tot waar die aarde skielik aftuimel teen die imposante rooi kranse wat

Related