‘Hierso is die plek!” sê my vriend. “Net hier!” Ons ry op die N1 tussen Laingsburg en Beaufort-Wes, en ek weet sommer hier kom daardie storie weer…
Jare gelede het hy geryloop en ’n verkoopsman – ’n rep – van Cadbury het hom hier by die afdraaipad by Koup se verlate stasie afgelaai en ’n hele boks Freddo the Frogsjokoladepaddatjies saamgegee (’n nuwe produk destyds, amper soos ’n Caramello Bear).
Dit was Desember, elfuur die oggend, en wárm. My vriend het ’n paar Freddo’s geëet. Die karre het verbygeswiep, maar niemand het stilgehou nie. Later het hy in die afdraaibord se skaduwee gaan sit. Hy het nog Freddo’s geëet en dit het hom erg dors gemaak, maar hy het nie water by hom gehad nie. Teen sononder het hy na die stasiegeboutjies gestap om te kyk of daar ’n kraan is. Niks. Dit het donker geword, en toe was dit net hy met sy oorweldigende dors en ’n paar oorblywende Freddo’s in die middel van nêrens.
Die uiteinde? Eers elfuur daardie aand het iemand hom opgelaai en kon hy water by ’n garage op Beaufort-Wes kry. Daarna het hy nooit weer sy mond aan ’n Freddo the Frog gesit nie… en dit alles het hierso by dié padbordjie begin.
DÍT IS EEN van die grootbrug het ek met my motorfiets teen ’n wolkbreuk geskuil, by daardie sementtafeltjie het ek my eerste Colonel-burger geëet, en gedurende ’n naweekpas in die het een van die briekdromme van Pierre Bredell se Austin Apache hierso aan die brand geslaan. Ons het ’n liter Coke geskud en die vlamme daarmee probeer doodspuit.