Weg!

Boesmanland se Tentedorp

Ek maak die Duster vol op Steinkopf en ry dan noordwaarts met die N7 tot net verby Eenrietberg. Hier draai ek regs na Henkries. Dié breë, sanderige pad loop al langs die pyplyn wat water bring van die Oranjerivier na Steinkopf, Springbok en selfs Kleinzee – dis uiteindelik ’n byna 250 km lange pyplyn. Hier woel bouwerk, want die pyplyn, wat uit 1973 dateer, word tans opgeknap.

Ná ’n ruk hou ek stil, klim uit, haal asem. ’n Warm wind waai. Ek stap 50 m na ’n kokerboom; dis rondawelgroot en die enigste ding hoër as kuithoogte hier.

Dit is laat Januarie en baie droog, maar dít is die Boesmanland.

Terug in die kar. Verby ’n plekkie genaamd Doornwater, ’n hulppompstasie op die pyplyn. Voor Henkries draai ek regs. Ek mik vir Goodhouse, ’n dorpie teen die Oranje.

’n Paar jaar gelede het ek deur dié gebied gery. Terwyl ek onder ’n witgatboom naby ’n veesuiping middagete geëet het, het honderde stuks vee en ’n paar boere asof uit die niet verskyn. Daai dag het ek besluit om eendag terug te keer om te sien hoe mense ’n bestaan maak in hierdie onherbergsaamheid.

Ek is nou op pad om by die Steinkopfboer Jasper Cloete te kuier. Jasper, ook bekend as oom Vick of Vicky Jasper, se staning is tans naby Goodhouse.

Die woestynagtige veld rondom my is gemeenskapsgrond, en boere uit Steinkopf laat loop hulle vee hier.

My oë swiep valkgewys van links na regs oor die landskap. Hittegolwe, stoppels, skynbaar niks.

Boer mense wraggies hier?

Ek is nie eens 100% seker of Jasper vir my gaan staan en wag by Goodhouse nie. Ek moes deur ’n tussenganger op Steinkopf die “afspraak” maak, want Jasper het nie ’n foon nie. (“Ek stel mos nie in ’n foun belang nie,” sou hy later verduidelik.)

Skielik sien ek ’n mens! Hy staan seker 200m van die pad af met sy trop vee. Ek besluit om te stil te hou en dié man te ontmoet.

Wie weet, dalk is dit die enigste mens wat ek teëkom oor die volgende paar dae?

Kado

Rikardo Markus is 31 jaar oud. Jy kan hom sommer net Kado noem, dankie. Ek neem aan dis wanneer hy dorp toe gaan, want hier’s niemand anders nie. “Nee, hier ís,” sê Kado. Hy het ’n skaam, mooi glimlag. Daar waar sy staning is, is nog ’n veewagter. Hy wys in ’n rigting. “Ghagoup-kop.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg1 min read
Weg!
Stapgids REDAKTEUR: WEG PIERRE STEYNREDAKTEUR: WEG STAPGIDS 2024 SOPHIA VAN TAAKKUNSHOOF LYNNE FRASERTEKSREDAKTEUR VANIA JOOSTE MEDIA24 UITVOERENDE HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSONHOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA UITGEWERSPAN FINANSIËLE BESTU
Weg3 min read
Mooi Van Lelikheid!
Hiënas lyk nogal soos honde, maar hulle is nie honde nie; hulle naaste familie is dwergmuishonde en sivetkatte. Die voorste twee bene is langer as die agterbene, wat maak dat ’n hiëna se skouers hoër is as sy stuitjie en sy rug skuins na agter afloop
Weg6 min read
’n Kuier By Die Kokerbome
Augustus het al hoeveel keer probeer om lente te wees. Maar sy is deur die winter grootgemaak en sal nie sommer van haar koue, winderige gewoontes ontslae kan raak nie. Daarom staan ek en vriend Japie Kruger vanoggend steeds om die roosterkoekvuur by

Related