Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Kattekwaad: Jag, Visvang en ander
Kattekwaad: Jag, Visvang en ander
Kattekwaad: Jag, Visvang en ander
Ebook73 pages1 hour

Kattekwaad: Jag, Visvang en ander

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die avonture van 'n groep seuns op die platteland. Hulle doen wat baie ander seuns van daardie tyd gedoen het, dinge wat min van vandag se laaities beskore is.

LanguageAfrikaans
Release dateMar 22, 2016
ISBN9781310753176
Kattekwaad: Jag, Visvang en ander
Author

Sampie Strydom

Ek is gebore net voor die land 'n republiek geword het in 1960. 'n Pa van 4 kinders en oupa van 3. Ek was ook 'n kind en 'n spelerige een daarby, dit meer interessant gevind as skoolwerk. Dit kan my pa, ma, oupa en ouma bevestig. Dit is 'n voorreg om kind te wees, kattekwaad aan te vang, opregte eerlike speletjies te speel en o ja, moenie van Cowboys en Crooks vergeet nie.Ek sou graag vandag se kinders so wou sien groot word. Om regtig kinders te wees soos toe ons kinders was. Vandag se kinders word met nuwe tegnologie groot, sit voor rekenaars en televisie. Ek sê nie dit is verkeerd nie maar daar is 'n hele wêreld daar buite om ontdek te word.

Related to Kattekwaad

Related ebooks

Related articles

Reviews for Kattekwaad

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Kattekwaad - Sampie Strydom

    Sampie Strydom

    se

    Kattekwaad:

    Jag, visvang en ander

    Uitgegee deur Kameeldoring Boeke

    Kopiereg © 2016 Sampie Strydom

    Skrywers woord

    Die stories lê al 14 jaar in my kantkassie se laai, na my 5 aar hartomlyning het ek dit nader getrek om weer te lees wat ek geskryf het. Dit was 'n heel nuwe ontdekkingstog.

    Ek is nou 57 jaar oud. Pa van 4 kinders en oupa van 3. Ek was ook 'n kind en 'n spelerige een daarby, dit meer interessant gevind as skoolwerk. Dit kan pa, ma, oupa en ouma bevestig. Die is 'n voorreg om kind te wees, kattekwaad aan te gevang, opregte eerlike speletjies te speel en o ja, moenie van Cowboys en Crooks vergeet nie.

    Ek sou graag vandag se kinders so wou sien groot word. Om regtig kinders te wees soos toe ons kinders was. Vandag se kinders word met nuwe tegnologie groot, sit voor rekenaars en televisie. Ek sê nie dit is verkeerd nie, maar daar is 'n hele wêreld daar buite om ontdek te word. Lees my storie, Kattekwaad en kyk of dit jou gaan inspireer en herinneringe terug bring. Kattekwaad is vir jonk en oud, dit gaan daai stout kind in jou weer na vore bring.

    Bedankings

    Dankie vir my vrou Domine wat aangehou het dat ek my stories moet publiseer. Dankie vir my kinders wat die inspirasie was vir elke storie. Dit was elke dag 'n wonder om julle te sien groot word. Van die stories is ware gebeurtenisse met so 'n draai deur die kinders se kattekwaad. En dankie vir Kameeldoring Boeke wat gewillig was om my te help.

    Inhoud

    Skrywers woord

    Koedoe Jag

    Visse vang en dasse jag

    Springhaas jag

    Bosvark en vlakvark jag

    Albasters, tolle en vrugte streke

    Kleilat gooi

    Foefie slide ry

    Ons gaan see toe

    Naskrif

    Koedoe Jag

    Die winter het aangebreek dit raak vroeg donker en laat lig. Dit is Julie maand die koudste maand. Dit is die maand wanneer Hansie se pa die jagters toelaat om te jag. Hansie se pa het jagpakkette uitgesit daar is verskillende wild op die plaas. Die eerste naweek van Julie arriveer die jagters op die plaas hulle is van Mpumalanga en soos te kenne te gee is hulle sommer groot wild jagters.

    Hansie, Arno en Dawid maak ook deel uit van die naweek se jagtery. Die jagters het skaars daar gestop toe word die vure aangesteek en die jagters begin jolig raak. Hulle slaan die biere weg asof dit uit die mode gaan. Dit lyk of daar geen einde is nie. Hulle gesels en eet asof hulle in die land van melk en heuning is. Hansie se pa het die manne al gewaarsku om vroeg te gaan slaap. Ek wag nie vir laatslapers nie. Moenie worry nie ons sal vroeg op wees. antwoord een

    Die volgende more word hulle vroeg wakker gemaak en hulle staan maar swaar op. Voor die dag breek is hulle al op die bakkies. Die wildaanjaers is in die veld ingestuur om die wild aan te jaag. Die twee 4x4 bakkies vertrek om die jagters op verskillend uitkykpunte af te laai. Hansie en Dawid klim saam met die eerste jagter af hy is so halwe engelsman, sy naam is Brian. Soos hulle saam met hom sit en wag vertel hy hulle 'n paar jagstories. Die stories wat hy te vertelle het klink dit vir die seuns inderdaad of hy 'n baie groot wildjagter is en hy deel hulle mee dat hy selfs al in Botswana gaan jag het. Hy vertel hulle ook van die keer wat 'n tier hom amper verskeur het. Die seuns sit met groot ore en luister. Met die gesittery ontwikkel Hansie 'n groot nood en glip weg. Hy sien op die rotse dat die bobbejane lekker daar gekuier het. Op die rotse en oral daar rond lê die wêreld vol bobbejaanstront. Dit lyk of die bobbejane baie van die kotsiniel geëet het wat op die turksvy blare voorkom, want die stront is alles pers. Dit lyk soos 'n pers roomyshoring met 'n wit kappie op.

    Hansie sluit weer by die jagter en Dawid aan en sien dat die jagter verskuif het om 'n beter uitkyk te kry. Hansie vra vir Dawid sien jy wat ek sien? Ja ek het die bobbejaanstront gesien en daai jagter is reguit op pad soontoe. Dit lyk my hom kom niks agter nie en sien ook niks. Hansie knik ook net sy kop. Na so halfuur hoor hulle die aanjaers skreeu. Nou moet julle stil wees se die jagter, hulle sit so stil jy kan behoorlik 'n vlooi hoor poep. Die jagter beweeg en skuif so rond om 'n beter uitkyk en sit te kry vir die aanlê om 'n bok te skiet. Hy het so rondgeskuif dat hy mooi netjies op een van die bobbejane se roomyshorinkie gaan sit. Toe hy gaan sit vryf hy sy boude nog goed in die stront in. Hansie en Dawid wat dit gesien het laat sak net hulle koppe en maak of hulle niks raak gesien het nie.

    Dawid wat ook nou al begin jeukerig raak het om te sien waarvoor die jagter mik, lig homself orent en druk met sy arm op 'n klip. Dieselfde oomblik wat die jagter regmaak om te skiet klim 'n spinnekop op Dawid se arm. Dawid skrik so groot en gee 'n gil die jagter skrik nog groter en trek 'n skoot af. Hy het die bok met myle gemis en draai om na Dawid, hy skel hom uit vir 'n vale en beveel hom Nou sit jy op jou gat stil. Sorry oom, sorry ek kon dit nie help nie maar ek is doodbang vir spinnekoppe. Hansie sit eenkant en grynslag vir die hele petalje.

    Kort voor lank word daar van orals af skote gehoor klap. Die jagter begin 'n stink reuk in sy neus kry en vra aan die seuns Sit julle dalk hier langs my en poep? Hansie antwoord, nee oom ons het nie gepoep nie maar oom het in bobbejaan stront gaan sit en oom se hele broek agter is pers. Hy glo nie die storie nie en voel aan sy broek, hy smeer so sy hele hand ook vol stront. Op dieselfde oomblik se Dawid Oom daar kom 'n koedoebul hy is in sig. Waar, waar?" Vra hy en Dawid wys met sy vinger in die rigting van die bul. Die groot wildjagter gryp

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1