Landbouweekblad

Op die trekpad

Watter stads- of dorpsmense sou kon dink dat dit hoegenaamd moontlik sou wees vir twee jong getroudes om met hul kudde te voet van Vanrhynsdorp oor die berg tot bo-op die platorand na grond tussen Calvinia en Brandvlei te stap? Oral waar hul trek verbykom, begin die mense praat. Motoriste vra by Calvinia se motorhawe wie hierdie mense te voet is, by wie hulle op die pad verbygery het.

Die dorpies op hul roete gons steeds oor dié aardige mense wat met hul vee verbygekom het. Ek hoor hulle word “daai Israeliet-kinders” genoem wanneer daar oor hulle gevis en bespiegel word. Hoe meer ek van hulle hoor, hoe meer vasbeslote voel ek om hulle te gaan opsoek.

Groot is my verbasing toe ek ontdek CJ en sy vrou – daar is nou ook al ’n babadogtertjie – het ’n blad op Facebook genaamd Op Vakansie Boerdery. Byna al hul foto’s lyk asof dit vir ’n tydskrif geneem is, só besonders is dit. Hulle is wraggies op WhatsApp ook.

“Tannie is baie welkom! Ons is maar net hier op die plaas,” laat Lizri my weet.

Met die indraaislag by die stuk grond wat hulle tans huur, is die honde die eerste ding wat my opval. Dit is Anatoliese herdershonde. Hulle word menssku grootgemaak, dus weet ek hulle sal nie sommer nader kom nie. Agter die klein huisie en ’n paar ander geboue merk ek nog twee sulke honde op. Een is in ’n kraal saam met bokke en die ander een aan ’n lang loopdraad net voor die kraal.

’n Lang, jong man met ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
‘Jy Moet Iemand In Die Oë Kyk’
Vrystaat Landbou het in 1904 ontstaan en julle het die 120-jarige bestaan in Maart 2024 gevier. Watter ooreenkomste sien jy tussen die kwessies wat boere 120 jaar gelede moes trotseer en vandag? Elke tydperk het verskillende probleme gehad. Die boere
Landbouweekblad2 min read
Stof Tot Nadenke
’N GESAGHEBBENDE verslag deur PwC oor vyf dwingende wêreldkwessies en hul implikasies is onlangs bekend gestel. Sowat tien jaar gelede is die vyf faktore – toenemende ongelyke welvaartverspreiding, demografiese druk, ’n toename in nasionalisme en pop
Landbouweekblad3 min read
Kalender
5-7 JUNIE: Agbiz-kongres. Sun City-konferensiesentrum. E-pos: temba@agbiz.co.za 12-13 JUNIE: Nasionale Wolkwekersvereniging-kongres. Tel. 041 365 5030. Web: nwga.co.za 25-27 JUNIE: Africa Agri Techkonferensie. CSIR-konferensiesentrum, Pretoria. Tel.

Related