Weg!

Die onthoupad

Die Karoo is só oud dat ons nie eens mooi weet wat alles hier gebeur het nie. Slegs op ’n paar klippe in die veld het enkele leidrade agtergebly. By Fraserburg kan jy vat aan die versteende voetspore van oerdiere. Op die plaas Springbokoog naby Vanwyksvlei is Boesmanverhale van olifante, leeus, renosters en troppe kleinwild op swart ysterklip uitgestip. In die Hardemanskaroo staan die klipigloes van trekboere nog.

Van al hierdie lewe wat in die Karoo rondbeweeg het, kan min onthou word. Dis vergete mense en diere, maar die paaie wat hulle uitgetrap het, het vir ons koers gegee.

Daarom het Piet Coetzer besluit om hierdie ou roetes te eer en mense weer daarvan bewus te maak. Piet, ’n boer en perdeteler van Senekal in die Vrystaat, het in 2021 ses van sy swart Vlaamperde voor ’n wa ingespan en van Hopetown na Ceres gery. Al langs die Gibsonbroers se perdekoetsroete van die 1870’s, wat ontstaan het in die tyd van die diamantstormloop na Kimberley. Die Gibsons se vervoerdiens het later as die Red Star Line bekend geraak.

In Oktober 2022 het Piet en sy perde weer so gemaak, maar dié slag was dit die Vergete Grootpad se beurt. Van die middel 1700’s af het jagters, trekboere, en ander pioniers uit die Kaap die wye binneland

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg9 min read
Die Kenners Se Keuse
Een van dié heeljaar-tweemantent se groot trekpleisters is hoe maklik dit op- en afslaan. Jy slaan die tent en sy boseil tegelyk op: Steek net die kleurgekoördineerde tentpale inmekaar, glip dit deur die slopies op die boseil en ta-daa! Met ’n gewig
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke

Related