Die engelhond
DIE gedruis van die waterval is oorverdowend. Die koue water van die rivier wat oor haar geskraapte, brandende voete vloei, bring verligting. Haar hare is vol takke en blare. Met bewende hande skep sy water op om haar vuil, betraande gesig af te spoel. Die snikke ruk nog deur haar lyf.
Net ’n oomblik gelede het sy daar bo by die waterval gestaan en afkyk hoe die water na onder val. Sy het oor iets gestruikel en na onder getuimel. Haar hele lyf is seer, styf en vol blou kolle en krapmerke. Nou staan sy aan die onderkant van die waterval en kyk na bo.
Hoekom het ons so ver van die kamp afgedwaal, Coco?” vra sy die sjokoladebruin labrador wat saam met haar langs die rivier staan en water drink.
Haar ouers was besig om hul tent op te slaan.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days