Kuier

Jo-Ann ONTHOU HAAR MA

Toe Kuier ses jaar gelede ’n voorblad met die voormalige Mej. SA Jo-Ann Strauss (40) en haar pragtige ma, Ingrid (63), gedoen het, sou ons nooit kon raai hoe baie dit vir Jo-Ann beteken het en steeds beteken nie óf hoe drasties dinge vir hul hegte familie sou verander nie…

Ma’s speel ’n belangrike en integrale rol in hul kinders se lewens en sukses, en waar ons ma’s van Kuier-bekendes kan help skyn – veral met ons Moedersdaguitgawes – doen ons dit, want ons weet Kuier-ma’s stort álles in hul kinders. En dis presies waarvoor Jo-Ann so dankbaar is. Daardie voorbladfotosessie het vir haar onvergeetlike herinneringe saam met haar ma geskep. Maar dit het ook vir haar die geleentheid gegee om haar ma te sien ontpop in die elegante en statige koningin wat sy nog altyd in Jo-Ann se oë was.

En dis aan hierdie herinneringe en soveel ander wat sy en haar ma gemaak het, waaraan Jo-Ann nou vasklou, want haar ma, haar“Moedertjie”en beste vriendin, is siek…

DEMENTIA STEEL HAAR

Ingrid is op 58 ná twee jaar van vele toetse en doktersbesoeke met frontotemporal dementia (FTD) gediagnoseer. Dementia het haar byna heeltemal verander. Hoewel Ingrid nog onthou wie haar familie is, het hierdie siektetoestand van die brein vir Jo-Ann en die res van haar familie beroof van die ongelooflike mens wat haar ma voor die siekte was. Dit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
5 Topwenke Vir Ander Aanlyn Gedrag
Baie van ons interaksie is deesdae aanlyn, maar dit beteken nie jy kan in die wilde, woeste weste van die web maak nes jy wil nie. Net soos in die werklikheid, is daar regte maniere van kommunikeer. As jy nie iets in persoon vir iemand sal sê nie, mo
Kuier2 min read
Vra Dr. Jolene
HET EK TE VEEL KORTISOL? Dokter, ek is 48 en het die afgelope tyd baie artikels gelees oor wat gebeur as die liggaam ‘n oormaat van die streshormoon kortisol het. As ek so oor die simptome lees, klink dit of ek daarmee sukkel. Hoe weet ek of dit Cush
Kuier5 min read
‘N Kop Vir Besigheid
Op social media kan jy dié girl met die pienk outfits en blonde hare nie miskyk nie. Sy is die Kapenaar Kayla Kim Meiring, oftewel Kayla im Kay, en sy trek nie net die aandag aanlyn as'n influencer nie, sy is ook, soos een website haar al beskryf het

Related