SARIE

Willem Botha Wat jy sien, is wat jy kry

Willem Botha het skaars twee sinne gesê, toe val hy homself in die rede. “Ek wil net noem . . . jy gaan dink ek is die mens wat die meeste praat onder die son.”

Dis tipies Willem, sê die mense wat hom ken, hy doen alles met oorgawe. Of hy nou ’n hond uit ’n bos uit gesels tydens ’n onderhoud, of sing of foto’s neem of TV-aanbieder is, hy gooi hom hart en siel daarin. Hy beteuel hom net as dit kom by Instagram-foto’s van sy Yorkie, Seven, en dit verg baie, skerts hy.

Hy was nog altyd ’n entoesiastiese mens, maar dis ook omdat hy die beste wil wees in wat hy ook al doen, verduidelik hy later oor ’n tweede koppie koffie. En as hy nie weet hoe nie, google hy dit. (Einde Maart bied hy in Bloemfontein ’n meesterklas in grimeertegnieke aan – nie te sleg vir ’n plaasseun wat dit net ’n paar jaar terug deur YouTube geleer het nie.)

Willem sal altyd sy Kwêla-onderhoud onthou met die 15-jarige Zoeloesprekende Nolwazi Mahlangu wat die ATKV se spelkompetisie gewen het – in haar vierde taal.

“Haar ma is blind, haar pa se been is afgesit, sy doen die huiswerk . . . sy is veronderstel om nog kind te wees, en dan doen sy al dié goed. Dit inspireer, maar ek probeer regtig die mooi in die lewe sien.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE2 min read
Hulle't Ja Gesê! TOP 35
Hulle’t ja gesê vir ’n kans om SARIE se veertiende Voorbladgesig-wenner te word. Ja! om die kroon te dra as SARIE se vyfde Nuwe Gesig. Oor sewe dekades het SARIE nog altyd gespog met voorblaaie wat iets sê van die wêreld waarin ons leef en die vroue
SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■
SARIE1 min read
Koopgids
C Coricraft coricraft.co.zaCotton On 087 550 4383, cottonon.com/ZA D Daniel Hechter 021 460 2300, truworths.co.za E Eeme 082 890 3453, eeme.co.za F Famke 079 978 5058, famke.co.zaFoschini 0861 111 761, bash.com H H&M 0860 690 707, hm.com/za I It

Related