AS HIERDIE mure kon praat, sou ek boekdele kon skryf. Die museum is ’n bymekaarkomplek vir baie mense wat net bietjie hier kom sit en oor die dorpie en see wil uitkyk. Ek het ’n sit-kamer op die boonste verdieping ingerig.
Daar is soveel jong kinders. Hier was nou ene hier onder besig om iets te rook. “Glas,” soos hy dit noem. Ek jaag hom toe huis toe. “Tannie, jy moet laat weet as daar werk is.”
“Seuna, gaan vang ’n shower,” sê ek. “Of spring in die see en vat ’n bad.” Hy bly in die karavaanpark op Astonbaai. Mens wil almal help, maar waar begin jy?
Karakters het ons baie van, mense wat hier kom uithang. Soos Des Sawyer. Hy maak surf boards. Hy is op.