Huisgenoot

VIS: ’N ‘GAME’ VAN VERTROU

Hierdie LEWE

Gewone mense in hul eie woorde

NAZIER BENJAMIN (60), SNOEKVERKOPER

‘EK LOOP omtrent oral kaalvoet. Ek los altyd my skoene in die bakkie. Ek wil die aarde onder my voete voel.

Ek was nog net een keer uit op ’n boot die see in, maar ek voel veiliger as my voete vas op die aarde geanker is.

Ek het al drie my kinders deur skool en universiteit gesit met snoekgeld. Vis is my lewe.

Om kinders groot te maak was nie maklik nie; dit was tough. Ek raak elke keer emosioneel wanneer ek aan daardie jare dink. Dit was swaar aan die begin.

Ná skool het ek getrou en toe gewerk as ’n general worker by die munisipaliteit. Ek het net R60 ’n week verdien.

Toe los ek die werk, want ek moes op ’n manier meer geld maak. Ons kon nie so aanhou lewe nie.

Toe begin ek vrugte smous langs die pad. Maar die gewone vrugte het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Beer Adriaanse
Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Toe ek tweedejaar en 20 was. Ek het ’n afro gehad, was sorgeloos en die wêreld was eenvoudig. Waaroor is jy spyt? Oor die kere in my lewe waar ek nie myself was nie of oneerlik met myself was. Hoe sal die me
Huisgenoot2 min read
Majozi
As tjokker in Durban het musiek ’n groot impak op sy lewe gehad. “My ouers was lief daarvoor om na klassieke en gospelmusiek te luister. Ek was self ook mal oor kinderrympies,” sê Majozi (36), bekend vir sy treffers “Fire”, “Darling” en “Mi Amor” saa
Huisgenoot1 min read
Foto Van Die Week
HIERDIE WEEK IN DIE GESKIEDENIS ■

Related