SARIE KOS

Presto! pesto

LEES MEER OOR

● ’n Vrou se kragtoer
● Waar kom die naam vandaan?
● 6 resepte met pesto

Wanneer Kathleen Quillinan met haar klein Fiat 500 deur die verkeer vleg, word sy gereeld begroet deur ’n getoeter. Saam met vriendelik-waaiende hande en uitroepe: “Mal oor jou pesto, gebruik bottels vol!” Sy antwoord dan met ’n koninklike wuif. Maar anders as haar Britse bloubloed-eweknieë s’n is háár glimlag spontaan en breed. “Ons besigheid bestaan al 25 jaar. Mense word met ons pesto groot en koop dit later self ook . . .”

Haar “koets”, ’n Italiaanse maaksel nes pesto, is maklik om te eien. Die swart logo staan uit teen die pêrelwit motor: Pesto Princess Foods, met letters wat dans en bons en ’n ewe stuitige kroontjie eenkant. Dis ’n handelsmerk met humor en glad nie formeel nie, nes Kathleen self.

Die naam is gebore in ’n oomblik van lighartigheid. Op markte landwyd was sy destyds ’n bekende gesig agter haar boktafel. Haar pesto in Purity-flessies, toegedraai met Kerspapier wat met tou vasgemaak is en handgeskrewe etikette, het “tuisnywerheid” gespel. Dis inderdaad in haar kombuis in Observatory,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS5 min read
KOOKKLAS: Pasta Vir Die Wen
● Maak jou eie pastadeeg● Ravioli vir ’n uithang-okkasie● Boerewors-bolognese Sorg dat jou pot groot genoeg is en ook genoeg water bevat om die pasta te kook. Jy het vier dele water teenoor een deel pasta nodig, dan beweeg die pasta makliker in die
SARIE KOS2 min read
DIE ROMERIGE GROEN LEKKERTE Avokado
● 3 resepte met avokado ● Perfek vir ontbyt ● In ’n lekker sous vir steak My kosheld het hierdie gereg een aand op TV gemaak en ek het in verwondering toegekyk. Ek moes dit net probeer. Die kors met avokado pleks van botter gaan jou hart oorrompel.
SARIE KOS2 min read
Klein Dade . . . Groot Vreugdes
Soos wanneer jy deur ’n groot groep mense moet beweeg en iemand maak vir jou plek sodat jy makliker kan verbykom. Of vreemdelinge wat vir jou sê “bless you” as jy nies – ’n ou bygeloof dat dit jou teen onheil sal beskerm. Wanneer iemand buk om iets o

Related