Landbouweekblad

DIE AAND VOOR KERSFEES

Biltong-ensampioenpatee

Sit dié lekker patee voor met bros, geroosterde Italiaanse brood, sagte kaas, ryp kersies en konserf van jou keuse.

■ 1 groot ui, baie fyn gekap
■ 45 ml botter
■ 250 g bruinsampioene, fyngesnipper
■ 375 ml fyn biltong of biltongpoeier
■ 1 houer (230 g) ongegeurde geroomde maaskaas (of roomkaas, indien jy ’n ryker patee verkies)
■ 5 ml fyngekapte tiemie
■ Skeut vars suurlemoensap
■ 125 ml goeie mayonnaise
■ 15 ml fyngekapte pietersielie
■ Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Braai die ui stadig oor lae hitte in die botter tot sag, maar nie bruin nie. Voeg die fyngesnipperde sampioene by en braai stadig tot gaar. Laat afkoel. Skep die afgekoelde ui-en-sampioenmengsel (saam met alle pansouse) in ’n voedselverwerker en voeg die biltongpoeier, geroomde maaskaas en tiemie by. Pols ’n paar keer tot gemeng. Voeg nou die res van die bestanddele by en pols verder tot ’n smeerbare patee. As die patee te dik is, voeg ’n bietjie ekstra mayonnaise, suurroom of room by en pols verder tot goed gemeng. Skep in ’n geskikte bakkie, bedek lugdig en verkoel tot

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad8 min read
Plaasverkope
LUIPAARDSVLEI (246), 26 ha, aan die Republiek van Suid-Afrika, van Bosasa Prop (Edms.) Bpk., R69 000 000. VORSTERSKRAAL (669) , 656 ha, aan JJ van Niekerk-trust, van Tygerfontein Boerdery (Edms.) Bpk., R12 775 000. HONINGKLIP (178), 21 ha, aan Multi
Landbouweekblad2 min read
‘Besigste Lughawe In Suidelike Halfrond’
DIE meeste vliegtuie wat hy al binne ’n uur op die Nampo-oesdag se vliegveld buite Bothaville moes hanteer, was 70, sê Cliff Lötter, gesoute lugverkeerbeheerder by die Nampo-vliegveld. Volgens die lughawensmaatskappy (Acsa) se statistieke vir die 202
Landbouweekblad3 min read
Noordwes Toer 2024
Dit was vir Noordwes ‘n groot voorreg om die toer aan te bied van 5 tot 8 Maart 2024. Die toer het die hele Noordwes deurkruis. Ongelukkig het die toer weer in ‘n kritiese droogte geval. Orals het die veld wit geword en het die gesaaides swaar gekry.

Related