Landbouweekblad

Sit aan vir ’n feesmaal

SPYSKAART

Rooibos-en-gemmerlim-mengeldrankie

Romerige steurgarnaal-en-appelslaai

*

Gerolde, gevulde varklies

Anyswortels

Bros baba-aartappels

Hoendersampioen-fillopastei

Gemarineerde groenteslaai

*

Suikerbekkie-koekstruif

Sjokoladesalami en koffie

ROOIBOS-EN-GEMMERLIM-MENGELDRANKIE

■ 250 ml sterk rooibostee
■ 10 ml heuning
■ Sap van 1 suurlemoen
■ 250 ml suikervrye gemmerlimonade
■ 1 bottel (750 ml) yskoue droë vonkelwyn
■ Roosmaryntakkies en granaatpitte, om af te rond

Verhit die rooibostee en heuning saam tot kookpunt en kook vinnig af tot dit met ongeveer die helfte ingedamp is. Laat afkoel tot kamertemperatuur, roer die suurlemoensap by en verkoel tot benodig. Meng die koue rooibosmengsel met die gemmerlimonade en skink sowat 45 ml daarvan in sjampanjeglase. Vul die glase met vonkelwyn (of met sodawater of limonade as jy ’n alkoholvrye drankie verkies). Rond af met ’n roosmaryntakkie en ’n paar granaatpitte en sit voor. Lewer ongeveer 6 drankies.

ROMERIGE STEURGARNAAL-EN-APPELSLAAI

Ek het hierdie lekker slaai op vars korserige Italiaanse brood voorgesit as peuselhappie voor ete, maar jy kan dit ook as ’n voorgereg op slaaiblare voorsit.

■ 2 middelslag-appels, geskil, ontkern en in baie klein blokkies gesny■ Halwe komkommer, in die lengte gehalveer, pitte uitgeskraap en in klein■ Vars suurlemoensap, om oor te sprinkel■ 30 middelslag-steurgarnale, skoongemaak

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related