Landbouweekblad

Plaaskuier op Oukersaand

SPYSKAART

Om te drink

Suurlemoen-engrenadella-spritzer

Vooraf

Chakalaka-lepelvetkoekkrans met biltongpatee en kweperjellie

Aan tafel

Gerolde lamsrib gevul
met kruierys
Gekruide beesfilet
Aartappelslaai
met romerige
peperwortelsous
Heerboontjieslaai
Jong worteltjies
met heuning-en-tiemiebotter
Soetsuur beet

Poeding

Klappermeringuekoek
met bakkersvla
en appelkose

SUURLEMOEN-ENGRENADELLASPRITZER

Maak die stroop ’n dag of twee vooraf en laat dit yskoud word.

Stroop

■ 2 heel suurlemoene

■ Ongeveer 200 ml vars suurlemoensap

■ Pulp van 4 ryp grenadellas

■ 635 ml witsuiker

■ 750 ml water

■ Sodawater of droë vonkelwyn, om aan te maak

Sny die geel deel van die suurlemoene se skil met ’n baie skerp groentemes dun van die suurlemoene af. Sit die stukke dun geel skil in ’n kastrol. Druk die afgeskilde suurlemoene se sap in die kastrol uit en voeg die 200 ml vars suurlemoensap, vars grenadellapulp, suiker en water by. Verhit, terwyl geroer word, tot die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en prut vir ongeveer 6-8 minute. Laat afkoel, giet in ’n bottel, verseël en bêre in die yskas.

Om aan te maak: Verdun die stroop met sodawater of droë vonkelwyn en sit yskoud voor.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related Books & Audiobooks