Dit was vir Noordwes ‘n groot voorreg om die toer aan te bied van 5 tot 8 Maart 2024. Die toer het die hele Noordwes deurkruis. Ongelukkig het die toer weer in ‘n kritiese droogte geval. Orals het die veld wit geword en het die gesaaides swaar gekry. Enkele kolle en strepe het ‘n geluksbui of twee gehad, waar dit mooi gelyk het.
Ons het almal by Thaba Tswene op Hartbeesfontein bymekaargekom. Na ‘n heerlike ontbyt