Weg!

Doen dit vir die oumas

Dit voel inderdaad soos die lenteloop wat ons op skool altyd op die eerste dag van die seisoen gestap het. Kyk net al die bloeisels! Die groep van by die veertig stuks het vroegdag op die plaas Werda aan die oostekant van die vallei tussen die boorde begin stap en ek raak kort-kort agter van blommetjies afneem. Dis nog douvars, en die bye in die talle korwe tussen die rye vrugtebome is traag om aan die gang te kom. Maar die son sal nou-nou oor die Eurekapiek loer…

Oor die volgende paar dae gaan ons heelwat van die plase hier onder die Witzenberg langs, bo in die noordehoek van die vallei onder die Groot-Winterhoek én teen die ooste onder die Obiquaberg te voet kruis.

Heel voor stap Niel Zeeman, boer van die plaas Rooiland. Iewers in die bondel is Anwyn Orffer van die plaas Misgund – die eintlike brein agter die Disa-staproete. En heel agter stap Jurie Herbst. Hy en sy vrou, Maryke, bestuur die Waterval-kampterrein waar die stappers oornag. Jurie het ’n verbysterende kennis van die omgewing se plante en geskiedenis, en tussen hom, Anwyn en Niel leer ons in die loop baie: Tulbagh se vrugteboere huur die byekorwe vir

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg1 min read
Weg!
Stapgids REDAKTEUR: WEG PIERRE STEYNREDAKTEUR: WEG STAPGIDS 2024 SOPHIA VAN TAAKKUNSHOOF LYNNE FRASERTEKSREDAKTEUR VANIA JOOSTE MEDIA24 UITVOERENDE HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSONHOOFBESTUURDER: LEEFSTYL MINETTE FERREIRA UITGEWERSPAN FINANSIËLE BESTU
Weg3 min read
Mooi Van Lelikheid!
Hiënas lyk nogal soos honde, maar hulle is nie honde nie; hulle naaste familie is dwergmuishonde en sivetkatte. Die voorste twee bene is langer as die agterbene, wat maak dat ’n hiëna se skouers hoër is as sy stuitjie en sy rug skuins na agter afloop
Weg6 min read
’n Kuier By Die Kokerbome
Augustus het al hoeveel keer probeer om lente te wees. Maar sy is deur die winter grootgemaak en sal nie sommer van haar koue, winderige gewoontes ontslae kan raak nie. Daarom staan ek en vriend Japie Kruger vanoggend steeds om die roosterkoekvuur by

Related