Baba & Kleuter

Sê ja vir NEUTE & SADE

Gebalanseerde diëte bestaan uit baie groente en vrugte, peulgroente, melk en melkprodukte asook vis, hoender en maer vleis. Neute en sade bevat ’n verskeidenheid voedingstowwe wat waardevol is vir jou en jou kinders se gesondheid.

Dit bevat gemiddeld 50 persent vet, waarvan die oorgrote meerderheid onversadigde plantolies (”goeie vette”) is. Verder bevat dit onder meer baie vesel, vitamien E en minerale soos sink, magnesium en kalium. Neute en sade is ook ’n goeie bron van plantaardige proteïen.

Die spesifieke voedingstowwe hang af van elke soort neut en saad. Brasiliaanse neute is byvoorbeeld bekend vir die groot hoeveelheid selenium daarin en amandels vir hul kalsiuminhoud. Chiasaad en okkerneute is gewilde keuses danksy hul omega 3-vetsure.

Dis ’n slim plan om gereeld vir jou kroos neute en sade te gee.

NEUTE EN SADE VIR BABAS

Neute en sade is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter2 min read
Eers Gevries, En Toe Vroeg!
Cameron het ons almal verras deur vroeg op te daag. Ek was nog veronderstel om die dag by die werk te wees! Die plan was om met my dag se werk klaar te maak en dan ’n oorhandiging te doen aan ’n kollega, maar dit het nooit gebeur nie, want teen vyfuu
Baba & Kleuter6 min read
Woeker Met Wiskunde
Die syfertjies en bewerkings spring oormekaar en deurmekaar as jy daarna kyk; sin, cos en tan klink vir jou soos Chinese neefs; en die woord algebra is genoeg om jou ’n hol kol op die maag te gee. As wiskunde jou ongemaklik laat voel omdat jy jare la
Baba & Kleuter1 min read
Mooie Afrika!
KOOP NOU Unicorn Moonmuurkuns vanaf R130, Moonchildsa.co.za KOOP NOU Whimsical Crescent Moonmuurkuns vanaf R130, Moonchildsa.co.za KOOP NOU KOOP NOU Kubus-rak vanaf R2 249, Moonchildsa.co.za KOOP NOU KOOP NOU KOOP NOU KOOP NOU KOOP NO

Related