Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes & insulienweerstandigheid 2
Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes & insulienweerstandigheid 2
Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes & insulienweerstandigheid 2
Ebook343 pages4 hours

Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes & insulienweerstandigheid 2

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes 2 bied meer as 100 getoetste resepte, en is jou sleutel tot vinnige, maklike en voedsame maaltye, doeltreffende bloedsuikerbeheer, en ’n gesonde dieet terwyl jy steeds lekkernye geniet. Jy kan kies uit resepte wat bestaan uit maklik verkrygbare bestandele. Boonop verskaf die skrywer belangrike inligting oor diabetes, die Glukemies Indeks (GI) en die Glukemiese Lading (GL) asook waardevolle wenke vir spyskaartbeplanning en die beste koskeuses vir spesifieke geleenthede soos kinderpartytjies.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJun 21, 2010
ISBN9780624058564
Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes & insulienweerstandigheid 2
Author

Hilda Lategan

Hilda Lategan is ’n geregistreerde Suid-Afrikaanse dieetkundige met ’n gevestigde private praktyk in Pretoria. Sy het die graad B.Sc. Dieetkunde aan die Universiteit van Pretoria behaal, waarna sy ’n Nagraadse Diploma in Hospitaaldieetkunde aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi het. Sedert 1975 werk sy in verskeie vertakkings van die beroep, waaronder as hospitaaldieetkundige, wat haar waardevolle ervaring in terapeutiese voeding, voedseldiensbestuur en resepontwikkeling besorg het. Hilda glo die lewe is veel meer as bloot “bestaan” en “oorleef” en dat lekker eet saam met geliefdes ’n groot deel hiervan uitmaak. Met die gejaagdheid van die moderne lewe is daar egter ’n toename in leefstylsiektes, wat nie net oorgewig, diabetes, hoë bloeddruk en kardiovaskulêre siektes insluit nie, maar ook voedselsensitiwiteit en siektes van die spysverteringskanaal soos prikkelbare dermsindroom en gastritis, om maar ’n paar te noem. Hierdie toestande – net soos voedselallergieë – kan slegs bestuur word deur ’n gebalanseerde leefwyse en verstandige eetgewoontes, wat die uitsluiting van sekere voedselsoorte kan beteken. Uit jare se ondervinding weet Hilda mense soek altyd resepte wat – ondanks die beperkinge wat die dieet stel – maklik is om te berei, en ook smaaklik, bekostigbaar en gesond is. Verder moet die bestanddele vryelik beskikbaar wees. Om aan hierdie behoefte te voorsien is haar groot inspirasie.

Read more from Hilda Lategan

Related to Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes & insulienweerstandigheid 2

Related ebooks

Related articles

Reviews for Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes & insulienweerstandigheid 2

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes & insulienweerstandigheid 2 - Hilda Lategan

    Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid 2

    Hilda Lategan RD (SA)

    Die Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid 2

    • bevat meer as 100 getoetste resepte

    • gebruik maklik verkrygbare, bekostigbare bestanddele

    • help jou bloedsuiker doeltreffend beheer

    • bied gesonde resepte, terwyl jy steeds lekkernye kan geniet

    • verskaf belangrike inligting oor tipe 1- en tipe 2-diabetes, die glukemiese indeks (GI) en glukemiese lading (GL)

    • het waardevolle wenke vir spyskaartbeplanning

    Hilda Lategan is ’n ervare dieetkundige en bekende skrywer. Sy spesialiseer in die dieetkundige behandeling van mense met diabetes en insulienweerstandigheid. Sy is die skrywer van die Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid 1 en Suid-Afrikaanse kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit. Sy woon in Pretoria saam met haar man en twee seuns.

    Hilda Lategan is ’n geregistreerde dieetkundige in privaatpraktyk. Haar belangstellings sluit, benewens diabetes en ander dieetverwante siektetoestande soos verhoogde bloedvette en maagdermkanaalsiektes, ook voedselallergieë en -intoleransies en vegetarisme in. In 2010 vier sy 35 jaar in die beroep as aktiewe, meelewende dieetkundige.

    Erkennings en bedankings

    ’n Kookboek van hierdie aard ontstaan oor ’n baie lang tydperk en gaan deur verskeie ontwikkelingsfases. Baie dankie aan elkeen wat bygedra het tot die ontstaan, samestelling en afronding van die boek.

    Jy het dalk ’n resep verskaf of opbouende kritiek oor een gelewer, jy kon gehelp het om ’n sinvolle rekenaarprogram te ontwikkel vir die voedingstofanalise, of jy was betrokke by die uitleg en tegniese afronding van die boek.

    Dit kan ook wees dat jy wetend of onwetend met jou woorde my weer bemoedig en meer vasberade gemaak het. Soms was aandete laat, die huis deurmekaar en die hemde se knope moes wag.

    Ek dra hierdie kookboek op aan ELKEEN wat by die boek se ontwikkeling betrokke was.

    Voorwoord

    Lekker eet is vir baie mense deel van ’n daaglikse roetine.

    Die besef dat jy, as deel van ’n gebalanseerde leefwyse, jou eetgewoontes moet aanpas ter wille van beter gesondheid en lewensgehalte kan beklemmend wees as jy nie die kennis en vaardigheid het om sulke maaltye te berei nie en nog altyd die idee gehad het dat gesonder kos vaal en smaakloos is.

    In die Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid 2 het ek weer eens probeer om staatmakerresepte vir die hele gesin in te sluit wat nie net ’n lae glukemiese indeks (GI), min vet en kilojoules het nie, maar ook gesond en maklik is om te berei.

    Ondanks die titel van die boek is die geregte ook geskik vir die beheer van verhoogde bloedvette, soos cholesterol en trigliseriede, verhoogde bloeddruk, jig, lae bloedsuiker en hardlywigheid, asook om gesond te verslank.

    Danksy my daaglikse konsultasies met pasiënte is ek baie bewus van hoe beperk mense se tyd is om maaltye te berei. Daarom is die meeste resepte in hierdie boek vir vinnige, maklike en voedsame maaltye en versnaperings. Die resepte bevat oorwegend bekende, beskikbare en bekostigbare bestanddele – wat gesonde eetgewoontes in vele opsigte voordeliger maak as wegneemetes en gemorskos!

    Die Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid 2 is ’n nuttige hulpmiddel vir die bereiding van gesonder geregte, maar vervang nie ’n besoek aan ’n geregistreerde dieetkundige nie. Met ’n maaltydplan wat vir jou unieke behoeftes saamgestel is, kan jy hierdie resepteboek soveel beter benut om jou bloedsuiker te beheer.

    Die glukemiese indeks (GI) en glukemiese lading (GL) is weer eens bygewerk, maar die resepte is net doeltreffend indien dit as deel van ’n gebalanseerde maaltydplan gebruik word. Dit behels dus veel meer as om net van ’n lysie lae-GI-kos te eet en te dink jou probleem is opgelos!

    Dit is my wens dat die Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid 2 jou sal help om smaaklike en voedsame maaltye te geniet wat jou bloedsuiker- en bloedvetvlakke beheer en optimale gesondheid en ’n kwaliteitlewe bevorder.

    Smaaklike ete!

    Hilda Lategan RD (SA)

    Inleiding

    Daar word gereken dat nagenoeg 7 miljoen mense wêreldwyd jaarliks diabetes ontwikkel en dat die 246 miljoen gevalle van diabetes in 2007 teen 2025 tot 380 miljoen kan styg indien die tendens voortduur. Na raming is tipe 2-diabetes vir 85% tot 95% van hierdie gevalle verantwoordelik. Diabetesverwante siektes word inderdaad tans onder die vier hoofoorsake van sterftes gereken. Die Internasionale Diabetesvereniging (IDF) bestempel ook tipe 2-diabetes as die epidemie van die 21ste eeu.

    Ondanks hierdie skrikwekkende statistieke is daar die bemoedigende boodskap dat diabetes nie ’n geïsoleerde, onbekende siekte is wat net jou of jou naasbestaandes tref nie, en dat daar mediese navorsing, voedingkundige inligting en medikasie is wat kan help met die beheer van hierdie siektetoestand.

    Die vroeë diagnosering van diabetes tesame met die proaktiewe behandeling daarvan is belangrik om komplikasies op lang termyn te voorkom en ’n beter lewensgehalte en lewensverwagting te verseker. ’n Diabeet wie se toestand beheer word is nie ’n siek mens nie en hy of sy kan ’n gesonde, aktiewe en gelukkige lewe sonder komplikasies lei. Soos enige ander mens behoort ’n diabeet ’n gesonde lewenstyl na te streef en moet hy of sy gereeld oefen, gebalanseerd eet, matig drink en genoeg rus en ontspan.

    Waarom ontstaan diabetes?

    Insulien is die hormoon wat glukose in die liggaamselle opneem en help om dit in energie om te sit. Insulien is ook betrokke by die omskakeling en die berging van onbenutte glukose en energie in die vorm van liggaamsvet.

    Diabetes is ’n toestand waar die liggaam nie sy bloedsuikervlakke doeltreffend kan beheer nie, omdat die pankreas (die klier wat insulien vervaardig) te min of geen insulien produseer nie. Dit gebeur ook dat die pankreas wel insulien produseer, maar dat dit nie doeltreffend gebruik word nie in gevalle wat later onder tipe 2-diabetes bespreek sal word.

    Wanneer te min of geen insulien teenwoordig is nie, kan die glukose nie behoorlik in die sel opgeneem word nie. Die bloedsuiker styg en die bloed word gevolglik dik en stroperig, terwyl van die oortollige glukose ook in die urien uitgeskei word. ’n Hoë bloedsuikervlak is gevaarlik en kan ernstige komplikasies hê as dit nie behandel word nie.

    Wat is die simptome van diabetes?

    Die simptome van ’n onbeheerde hoë bloedsuikerkonsentrasie sluit in:

    1. Oorweldigende dors, omdat die liggaam die glukose in die bloed probeer verdun sodat dit deur die niere uitgeskei kan word. Hierdie proses lei tot die oormatige uitskeiding van urien en kan uiteindelik dehidrasie en die verlies van elektroliete tot gevolg hê.

    2. Moegheid en swakheid, omdat te min glukose die selle bereik waar energie geproduseer word.

    3. Lyfseer en griepsimptome weens metaboliese wanfunksie en inflammasie.

    4. Versteurde sig, omdat die veranderings in die bloedsuikervlakke die druk in die oogbol verhoog, terwyl die posisie en vorm van die lens in die oogbol ook verander.

    5. Naalde-en-spelde-sensasie in die voete en hande weens die aantasting van die senuwee-eindpunte.

    6. Knaende honger, die behoefte om aanhoudend te peusel en gewigsverlies, omdat die glukose nie doeltreffend in die liggaamselle opgeneem en in energie omgeskakel word nie. Die liggaam breek dan van sy eie vet en proteïen (spiere) af om in sy behoefte vir energie te voorsien.

    7. Jeukerige vel, infeksie en vertraagde wondgenesing weens die gunstige teelaarde wat deur die teenwoordigheid van suiker geskep word vir bakterieë en ander organismes.

    8. Koma – verlies van bewussyn, ’n gevaarlike toestand.

    ’n Ongesonde hoë bloedsuikerkonsentrasie en diabetes mellitus word gediagnoseer op ’n kapillêre bloedglukosekonsentrasie van 7,1 mmol/liter (vastend) en 11,1 mmol/liter (twee uur na maaltyd).

    Die bloedsuikerkonsentrasie kan ook te laag daal (laer as 3,5 mmol/liter) indien te veel insulien ingespuit word, die voorgeskrewe maaltydplan nie gevolg word nie, maaltye oorgeslaan word, onbeplande fisieke aktiwiteit meer energie vereis as waarvoor in die maaltydplan voorsiening gemaak is, of alkohol gedrink word sonder ’n versnapering of maaltyd daarna.

    Die simptome van hipoglikemie of ’n lae bloedsuikerkonsentrasie sluit in:

    Honger, moegheid

    Bewerigheid, duiseligheid, bleekheid, hartkloppings

    Versteurde sig, afname in konsentrasie, kloppende hoofpyn

    Naarheid, sweterigheid

    Gemoedskommelinge (geïrriteerdheid, verwardheid, aggressie)

    Koma

    Verskillende soorte diabetes

    Die volgende word onderskei:

    Tipe 1-diabetes

    Tipe 2-diabetes

    Swangerskap-diabetes

    Ingekorte glukosetoleransie

    Tipe 1-diabetes

    Tipe 1-diabetes kom minder algemeen as tipe 2-diabetes voor. Tipe 1-diabetes ontstaan as gevolg van ’n absolute tekort aan insulien weens skade aan die eilandjies van Langerhans in die pankreas, waar insulien geproduseer word. Hierdie toestand is onomkeerbaar en tipe 1-diabete is baiekeer nie oorgewig nie. Insulieninspuitings, saam met ’n gebalanseerde dieet, is ’n belangrike deel van die behandeling. Ongekontroleerde bloedsuiker kan op lang termyn bydra tot skade aan die bloedvate, met die gevolglike voorkoms van hartvatsiektes, nierskade, nierversaking, diabetiese retinopatie (oogskade), neuropatie (aantasting van die senuwee-eindpunte) en amputasie van die laer ledemate weens swak bloedtoevoer en gangreen. By kinders met swak gekontroleerde tipe 1diabetes kom keto-asidose, groeivertraging en vertraagde puberteit ook voor.

    Tipe 2-diabetes

    Daar word gereken dat tipe 2-diabetes nagenoeg 85% tot 95% van die voorkoms van diabetes uitmaak en dat daar ’n genetiese verband is, wat beteken dat die siektetoestand in families kan voorkom.

    Die simptome en diagnose van tipe 2-diabetes word dikwels vir nege tot twaalf jaar misgekyk terwyl die wanfunksionering van die ß-selle reeds teenwoordig is. Dit beteken dat, lank voordat ’n persoon daarvan bewus is, chroniese verhoogde bloedsuiker reeds kan bydra tot skade aan die bloedvate, met die gevolglike voorkoms van hartvatsiektes, beroerte, nierskade, nierversaking, diabetiese retinopatie (oogskade), neuropatie (aantasting van die senuwee-eindpunte) en amputasie van die laer ledemate weens swak bloedtoevoer en gangreen in later jare.

    Tipe 2-diabetes hou dikwels verband met vetsug en ’n onaktiewe lewenstyl, maar by ouer pasiënte is vetsug nie altyd teenwoordig nie. Die ontstaan van tipe 2-diabetes is dikwels die metaboliese gevolg van te veel vet in die buik, spierweefsel en lewer. Hierdie vervetting, in kombinasie met hoë bloedsuiker, dra by tot ß-selwanfunksie, verhoogde bloeddruk, ’n tipiese lipiedprofiel (lae HDL, verhoogde trigliseriede en LDL), en insulienweerstandigheid.

    Met insulienweerstandigheid word die insulienproduserende ß-selle van die pankreas oorgestimuleer om te veel insulien af te skei in ’n poging om die bloedglukose binne normale perke te kry. Ten spyte van die verhoogde sirku-lerende insulien kom dit voor asof die liggaamselle ’n weerstand ontwikkel teen die normale werking van insulien.

    Emosionele en fisieke stres kan ook ’n bydraende faktor van tipe 2-diabetes wees. Die liggaam word aan meer stres blootgestel wanneer lang werkure tot erge uitputting lei. Indien maaltye in hierdie tyd oorgeslaan word, kan dit bydra tot die weerhouding van voedingstowwe vir die instandhouding van die liggaamsweefsel en moontlik lei tot inflammasie.

    Verslanking, ’n gesonde leefwyse, gesonde eetgewoontes en gereelde oefening word as belangrike aspekte van die behandeling van tipe 2-diabetes beskou. Medikasie word dikwels bygevoeg ooreenkomstig die pasiënt se bloedwaardes. Na gelang van die aard van die ß-selwanfunksie begin tipe 2-diabete deesdae baie vroeër met insulienterapie om agteruitgang op lang termyn weens diabetes te vertraag.

    Waar tipe 2-diabetes vroeër as ’n siekte van ouer mense beskou is, word die toestand toenemend by kinders waargeneem en word aanbeveel dat sulke kinders vir evaluering na ’n spesialis verwys word.

    Swangerskap-diabetes

    Swangerskap-diabetes ontstaan as gevolg van hormoonveranderings tydens swangerskap. Hoewel die toestand na die baba se geboorte gewoonlik spontaan verbeter, bestaan die moontlikheid dat vroue met swangerskap-diabetes mettertyd tipe 2-diabetes sal ontwikkel. Dit is belangrik om bloedsuiker tydens swangerskap te beheer met ’n gebalanseerde maaltydplan en selfs na die baba se geboorte steeds gesonde eetgewoontes te handhaaf.

    Ingekorte glukosetoleransie

    Mense met ’n ingekorte glukosetoleransie het verhoogde bloedsuikerwaardes, maar nie sodanig dat dit as diabetes gediagnoseer kan word nie. Die behandeling van hierdie siektetoestand sluit in gesonde eetgewoontes, gereelde oefe-ning en langtermyn-gewigsbeheer. Ingekorte glukosetoleransie kan verbeter, konstant bly, of in tipe 2-diabetes ontwikkel.

    Sensitiwiteit vir suiker

    Tydens konsultasies kom ek dikwels pasiënte met allergieë teë by wie suiker of sukrose en verfynde koolhidrate ongemak veroorsaak. Hierdie ongemak kan wissel

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1