Weg! Platteland

Ballade van ’n bakker

Om regte “outydse” suurdeegbrood te bak lyk of klink dalk intimiderend, maar dit hoef glad nie die geval te wees nie. As jy eers ’n paar basiese beginsels onder die knie het, sal jy gou die lieflikste gesonde brode met die beste korsie kan bak. Al is daar slegs vier bestanddele betrokke – meel, water, gis en sout – sorg ’n proses van ingewikkelde chemiese veranderinge dat die klonte nat deeg wonderbaarlik verander in voedsel vir liggaam en siel.

Ek het op die plattelandse dorp Rustenburg in Noordwes grootgeword. My ma het altyd self brood gebak en ek onthou hoe sy haar “plantjie” van fyngerasperde aartappel reggekry het vir die groot kniewerk wat voorlê. In soveel van my kindertydherinneringe hang die geur van varsgebakte brood as jy smôrens uit droomland ontwaak…

My eie reis met suurdeegbrood het byna drie jaar gelede begin op ’n middagete by ’n Bolandse restaurant-enbakkery. Daar het ek ’n flessie met ’n erg borrelende suurdeegplantjie present gekry. My belangstelling was geprikkel en ek wou op die daad meer weet oor suurdeegbrood. “Kontak die bakker vir meer inligting,” het op die kaartjie aan die fles gestaan. Só is ek huis toe… en Alice is gebore.

Alice is my baie aktiewe wildegisplantjie waaraan ek elke dag moet aandag skenk. Wildegisplantjies moet daagliks met gelyke dele meel en water gevoer word – ek verkies

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland4 min read
My Paadjie Platteland Toe
Ek is maar ’n stadsjapie. My eerste nege lewensjare was in Seepunt, gevolg deur ewe veel tyd in Vrede-hoek, Kaapstad. Dié skuif is het gekom nadat my oupa oorlede is en ons gesin by my ouma ingetrek het. Een van die lekkerste dinge van Vredehoek was
Weg: Platteland1 min read
Hoe Lyk Dit Met ’n Kaart?
Baie dankie vir julle tydskrif wat so propvol inligting is. Ek is regtig gaande daaroor. Ek het voorheen in Limpopo gewoon en hou daarvan om na interessante plekke toe te reis. Ek sal baie daarvan hou as julle ’n kaart van Suid-Afrika aan die binneka
Weg: Platteland1 min read
Dié Laster Is Niks Lekker
Ons bly op die platteland van Mpumalanga. Ons is gereelde kopers van die tydskrif en geniet die artikels baie. Veral die onderhoude met die mense van ’n spesifieke plek is baie goed – dit laat ’n mens hunker om sommer in die kar te klim en hulle te g

Related