Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Grilgrypers 3: Kamp vir monsters
Grilgrypers 3: Kamp vir monsters
Grilgrypers 3: Kamp vir monsters
Ebook125 pages1 hour

Grilgrypers 3: Kamp vir monsters

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Volgens Clayton se pa en sy nuwe verloofde is hy 'n probleemkind. Hy word na 'n eksklusiewe rehabilitasiekamp vir tieners gestuur, maar dis nie net die streng sekuriteit en geheimsinnige personeel wat aandui iets is nie pluis nie. Clayton is vreesbevange vir die digte bome wat die kamp omring en snags sluip vreemde gediertes in die woud rond. En dan begin van die tieners verdwyn. . .
LanguageAfrikaans
Release dateJul 1, 2018
ISBN9780798176798
Grilgrypers 3: Kamp vir monsters
Author

De Wet Hugo

De Wet Hugo is 'n laerskoolonderwyser en werk al die afgelope sewe jaar by 'n Britse Internasionale Skool in Saoedi-Arabië. Kleinmond is sy Suid-Afrikaanse tuiste. Hy het reeds bydraes gepubliseer in Rympies vir Pikkies en Peuters, Liedjies vir Pikkies en Peuters, Skrik op die lyf, Rympies vir Kleintjies en Kleuters en Skool is 'n riller.

Read more from De Wet Hugo

Related to Grilgrypers 3

Titles in the series (3)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Grilgrypers 3

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Grilgrypers 3 - De Wet Hugo

    De Wet Hugo

    KAMP VIR MONSTERS

    Illustrasies deur

    Shân Fischer

    Human & Rousseau

    Vir Lindie van Nieuwenhuyzen

    De Wet Hugo

    1

    ’n Yskoue sweetdruppel hardloop teen Clayton Goliath se rug af terwyl hy na sy kamervenster staar. Sy vingerpunte begin skielik te prik.

    Aan die ander kant van die glas huil die wind deur die groot ou boom se takke, wat soos knopperige monstervingers teen sy kamervenster tok-tok.

    Jy’s dertien, nie meer drie nie, Clayton, sê hy oor en oor in sy gedagtes. Dis alles net sy verbeelding, probeer hy homself troos.

    Maar sy oorverdowende hartklop oorreed hom gou die boom met die growwe bas, wat lyk of dit asemhaal, is nie slegs ’n drogbeeld in sy kop nie.

    Die takkie wat teen die ruit krap, begin groei tot dit soos ’n klou met lang, skerp naels lyk. Nog een verskyn. Die boomvingers begin wild oor die ruit kriewel, en dan sien hy die ding wat hom soveel nagte laat wakker lê …

    ’n Vieslike verrimpelde gesig verskyn in die dik boomstam. Bloedrooi oë gloei uit die diep kasse en ’n skeefgetrekte bek vol vlymskerp tande glimlag tartend vir hom.

    Die plankvloer agter hom kraak. Hy vlieg om.

    Dis tannie Themba. Vir wat lyk jy of jy ’n spook gesien het, Clayton? Sy rol haar oë en vat aan haar hare wat in netjiese vlegsels in haar nek hang.

    Clayton vou sy hande in vuiste. Hy kyk vinnig terug na die venster, maar daar’s niks vreemds nie, net die doodgewone boom. Hy hét homself toe weer verbeel. Hy haat dit dat tannie Themba dit altyd regkry om hom so simpel te laat voel. En hy haat dit dat sy dit nét doen wanneer hulle alleen is. Voor sy pa is sy gawer as Barney die pers dinosourus. Dis sommer niks, Tannie, sê hy toe hy eindelik sy stem terugkry.

    Tannie Themba lig ’n wenkbrou en gee ’n tree nader. Nou maar waarom is jou ogies dan so tranerig? Voor hy kan antwoord, loop sy tot by die spieël teen sy kamermuur en leun nader terwyl sy haar lippe oor mekaar vryf om seker te maak haar lipstiffie is nog in plek. Clayton, jy moet regtig probeer om nie so pateties te wees nie, sê sy oor haar skouer.

    Clayton se mond gaan oop, maar hy kan aan niks dink om te sê nie. Hy het nog altyd geweet tannie Themba hou nie van hom nie, maar sy het nog nooit voorheen so neerhalend met hom gepraat nie.

    Jy wil hê die wêreld moet dink jy’s so dapper en sterk met al die belaglike goed wat jy onlangs aangevang het, maar eintlik is jy net ’n pieperige klein seuntjie wat soos ’n riet staan en bewe as jy alleen is in jou kamer. Sy draai om. Vir ’n paar sekondes kyk sy stip na hom. Dan beweeg sy met byna bomenslike spoed nader en druk haar gesig in syne. Jy’t verloor, jou klein bogsnuiter. En ék het gewen. Moet my nooit weer probeer aanvat nie. Jy sal sleg tweede kom. Verstaan jy my mooi? sis sy.

    Clayton se maag draai. Nie net van tannie Themba se sigaretasem nie, maar ook omdat sy daarin geslaag het om hom werklik bang te maak. Hy kry die vreemde gevoel dat sy gevaarlik is. En hy weet hy sal haar in die toekoms versigtiger moet hanteer. Hy knik vinnig.

    Tannie Themba gee ’n tree terug en vou haar arms. Jou pa wil jou in sy studeerkamer sien. Sy glimlag breed, maar daar is iets slinks in haar oë. Hy het goeie nuus om met jou te deel.

    Clayton beweeg na die deur, maar tannie Themba se stem laat hom omkyk. En Clayton, onthou, dit wat jou so bang maak as jy alleen is in jou kamer, is níks teen my nie. Wees gewaarsku, mannetjie. Ék is jou grootste nagmerrie.

    2

    Sy pa hou die pamflet na hom uit, maar Clayton kyk aspris weg. Kan sy pa nie verstaan hy stel nie belang nie? Hy weier!

    Moedeloos laat val sy pa die pamflet op die lessenaar voor hom.

    Clayton leun terug in sy stoel. Toe hy uiteindelik weer opkyk na die man wat oorkant hom agter die groot houtlessenaar sit, sien hy sy pa se oë lyk skielik anders. Donkerder … amper boosaardig. Hy het sy pa nog nooit so gesien nie! Clayton trek sy skouers agtertoe. Hy kan nie dat dit hom van stryk bring nie. Sy pa is die enigste mens wat hom kan help. As hy ontslae wil raak van hierdie mengelmoes van emosies wat soos ’n krieketbal in sy keel vassit, sal hy nóú iets moet doen.

    Hoekom, Pa? vra hy. Hy probeer hard om sy stem normaal te hou. Vir drie weke! Dis die hele wintervakansie. Asseblief, Pa. Ek smeek Pa. Moet dit assebliéf nie aan my doen nie.

    Sy vingerpunte begin te prik, soos altyd wanneer hy gespanne is. Het hy hom verbeel of het sy pa se oë so pas hier reg voor hom weer na hulle normale bruin kleur verander?

    Sy pa steek sy hand na hom toe uit oor die tafel, maar Clayton ruk weg. Nee, iets is verkeerd. Hoekom voel dit of hy sy pa nie moet vertrou nie? Die studeerkamer is skielik onnatuurlik stil, dit is net die muurhorlosie wat hy ritmies agter hom hoor tik.

    My seun, glo my, asseblief. Ek’s jammer jy voel so hieroor, maar ek’s oortuig daarvan dis wat jy nou nodig het.

    Clayton trek sy vingers deur sy kuif. Hy voel lus om te huil. So Pa’s oortuig daarvan ek moet vir drie weke gedurende my skoolvakansie op ’n strafkamp vir jeugmisdadigers gaan?

    Ek sou jou nou nie ’n juis jeugmisdadiger noem nie, maar … Sy pa knik asof hy klaar besluit het. Sy oë verdof weer en sy kykers word swart. Ja, jy móét gaan! Jy’t so pas dertien geword en jou gedrag die afgelope ruk was uiters onaanvaarbaar. Sy pa se gesig raak rooier terwyl hy sy stem verhef. My magtig, man! Die skoolhoof het jou die ander dag ’n tienerkrimineel genoem!

    Clayton se oë skiet vol trane – hy kan dit nie langer keer nie.

    ’n Paar sekondes van ongemaklike stilte hang weer in die vertrek. Clayton sluk swaar en vee die nattigheid vinnig van sy wange af.

    Sy pa vryf oor sy oë en skud sy kop. Jy’s reg, sê hy, sy vingers trommelend op die lessenaar voor hom, dit ís ’n rehabilitasiekamp, maar darem nie vir … tienerkriminele nie. En dis definitief nie sommer enige kamp nie. Dis eksklusief. Én glad nie goedkoop nie. Vir wat dit my uit die sak jaag, kan ek jou netsowel weer op ’n vyfster oorsese vakansie neem. Maar my geld is nie al wat jou by die program ingekry het nie. Jy sal nie glo hoeveel toutjies tannie Themba vir jou moes trek nie.

    Clayton voel sy oë rek en sy mond val oop. Tannie Themba … Ek moes dit geweet het, fluister hy geskok.

    Sy pa sug moedeloos. Clayton, wat bedoel jy daarmee? Maar voor hy kan antwoord, hou sy pa sy hand in die lug op om hom te keer. My kind, jy moet vrede maak met die idee dat ek en tannie Themba nou deel van mekaar se lewe is. En of jy dit wil aanvaar of nie, ons gáán trou. So my raad aan jou is om haar te begin respekteer.

    Vir ’n oomblik vergeet Clayton heeltemal van tannie Themba se dreigement in sy slaapkamer. Sy’s nie my ma nie! skree hy.

    En sy wil dit ook nie wees nie! brul sy pa briesend terug. Sy oë is weer gitswart van woede. Clayton se vingers begin erger te prik. Sy pa moet die verbasing op sy gesig sien, want hy sê dadelik: Dis nie wat ek bedoel het nie. Dan keer sy oë weer

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1