Kuier

JOLENE EN CLAYTON kóók!

Die chemistry tussen hulle lê só dik, dis nie eens nodig om ’n mêtjie te trek vir die vonke om te spat nie. Is kla’ wat dit só is. En sake is behoorlik annie brand wanneer Arendsvlei se skoolhoof, Beatrice Cupido, en haar speurder, Clint Smit, mekaar die dag vasvat. Ag, selfs al baklei daai twee, is dit steeds sexy vibes!

Wanneer Jolene Martin (44) en Clayton Evertson (37) mekaar vroegoggend tydens Kuier se voorbladsessie groet, kan jy nie help om daai lyftaal ook in die werklike lewe fyn te sit en dophou nie. Ja-nee, dieselfde magic wat ons op die skerms sien, is stééds daar wanneer die kameras nie meer rol nie. “Red hot”, soos Clayton dit self noem.

En dan kan g'n mens Arendsvleikykers blameer wat hulle sommer in die winkels trompop loop en vra, “What kind?” nie.

Maar vir diegene wat al klaar sit en lippe aflek terwyl jy hier lees, voordat julle gedagtes op loop gaan, hier is die feite: Clayton en Jolene is regtig net hegte pelle met lekker vibes, en albei het hul onderskeie partners.

En daai's die waarheid.

Daar is wel wedersydse … uhm … “waardering” vir mekaar …

“HY HET MY LAAT BESEF HOE BELANGRIK DIT IS OM VEILIG TE VOEL BY IEMAND …”
 JOLENE

Hy onthou daai eerste dag op stel toe sy verbystap. “Ons het onmiddellike oogkontak gemaak en toe dog ek: oukei, cool. En dit het sommer gevoel asof ons al jare teenoor mekaar speel, al sou dit daardie dag die eerste keer wees.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Fotoblokraai
NR. 312 SAAMGESTEL DEUR: PENPRET FOTO'S: ER LOMBARD EN INSTAGRAM/@CHEFREUBENRIFFEL, @GRANT9_WILLIAMS ■
Kuier5 min read
Bye, Tim! Hi, Marco!
Die afgelope paar weke het die ding sommer behoorlik geruk in die fiktiewe woonbuurt Ruiterbosch. Wie sou ooit kon dink dat JPD se aantreklike en seepgladde argitek, Tim du Plooy, uiteindelik tot ‘n val sal kom? Dit was nog nooit ‘n geheim in die gel
Kuier1 min read
Lei Jouself Op
Mimi sê die Parent Effectiveness Training (PET)-kursus is ‘n “fantastiese kursus vir ouers wat hulle leer hoe om beter te kommunikeer met hul kinders, maar ook met almal rondom hulle”. Sy is self ‘n instrukteur en sê dié kursus, wat plaaslik en wêrel

Related