François Alwyn Venter is op 27 November 1916 op Hopetown gebore. Hy gaan skool op Vioolskraal, Strydenburg en Hopetown. Hy matrikuleer in 1934 aan die Hoërskool Hopetown en gaan studeer aan die Uni...view moreFrançois Alwyn Venter is op 27 November 1916 op Hopetown gebore. Hy gaan skool op Vioolskraal, Strydenburg en Hopetown. Hy matrikuleer in 1934 aan die Hoërskool Hopetown en gaan studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1938 begin Venter as joernalis werk in Kaapstad en later ook Pretoria, Windhoek en Johannesburg. In 1960 gaan boer hy op 'n plaas naby Kenhardt, en tien jaar later begin hy boer naby Vredendal in die Olifantsriviervallei. In 1976 gaan tree hy in die Strand af waarna hy voltyds begin skryf. F.A. Venter was bekend vir sy geskiedkundige romans, kortverhale en jeugboeke. Hy het ook populêre fiksie onder die skuilname Meiring Fouché, Elske te Water, René Stegmann en Marius de Jongh geskryf. Die Hertzogprys vir prosa is in 1961 aan Venter toegeken vir Swart pelgrim en Geknelde land. Laasgenoemde was deel van die trekker-tetralogie wat in die 1960's verskyn het en ook Offerland, Gelofteland en Bedoelde land insluit. Sy laaste boek, Van Botterkraal na Altena, het in 1996 ter viering van sy 80ste verjaardag verskyn. Dit was 'n keur uit sy vier outobiografiese werke. Sy outobiografiese vertelling Die keer toe ek my naam vergeet het is in 1996 met die Andrew Murray-prys bekroon. Dié boek handel oor sy herstel nadat hy in 1990 'n beroerte gehad het. F.A. Venter is op 8 Julie 1997 op 80-jarige ouderdom oorlede.view less