Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Rillers 2: Die vrou met die pers oog
Rillers 2: Die vrou met die pers oog
Rillers 2: Die vrou met die pers oog
Ebook64 pages47 minutes

Rillers 2: Die vrou met die pers oog

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Chris en Martie is in ’n nuwe skool, maar van die eerste dag af kom hulle agter alles is nie so gewoon soos dit maar in skole is nie. Hulle nuwe maats begin snaaks optree, en dan is daar die outjie sonder hare en die vreemde biblioteekjuffrou. Toe hulle stadig maar seker ingetrek word in dié eienaardighede, besluit Chris en Martie om ondersoek in te stel – en dis nie lank nie, of hulle beland in die kloue van die vrou met die pers oog.
LanguageAfrikaans
Release dateMar 4, 2015
ISBN9780798155991
Rillers 2: Die vrou met die pers oog
Author

François Bloemhof

François Bloemhof is die skrywer van meer as 40 boeke vir die volwasse, tiener- en jeugmarkte. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon. Hy is ’n vryskut-taalpraktisyn asook -kopieskrywer, -resensent en -joernalis. François was ook al verhaleredakteur vir Sarie en boekeredakteur by Die Burger. Hy woon in Durbanville.

Read more from François Bloemhof

Related to Rillers 2

Titles in the series (4)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Rillers 2

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Rillers 2 - François Bloemhof

    Die vrou met die pers oog

    François Bloemhof

    Human & Rousseau

    Hierdie boek is vir almal

    wat van grillerige goeters hou.

    F. B.

    1

    Die snaakse seun

    Toe die klok aan die einde van die eerste skooldag lui, gryp Chris sy tas en is eerste by die klas uit.

    Sien jou môre! roep Bertus.

    Chris kan nie glo hy het Bertus eers vanoggend ontmoet nie; dit voel asof hulle al lank maats is.

    Cheers, sê Chris.

    Sy pa en ma het albei vir hom en sy sussie, Martie, kom haal, want sy pa begin eers môre by sy nuwe werk. Martie is reeds in die motor toe Chris daar aankom.

    Hoe voel dit om in graad agt te wees? vra Chris se ma nadat hy ingeklim het en sy hom ’n soen op sy wang gee.

    Nie veel anders as graad sewe nie. Hy vee vies oor sy wang. Netnou is daar ’n lipstiffiemerk en een van sy nuwe maats sien dit, en dink hy’s ’n mamma-se-seuntjie.

    Daar is baie motors en hulle moet wag, want die parkeerarea is vol.

    Chris, jou tas druk in my sy. Sit hom aan die ander kant, brom Martie.

    Jammer, U Edele, sê hy en skuif sy tas weg.

    Chris se ma draai in haar sitplek om. Sy vryf vinnig oor sy rooibruin hare, dan oor Martie s’n. My twee mooi kinders, sê sy liefdevol.

    Chris wil sterf van skaamte. Bertus se ma se motor is nou net by hulle verby. Bertus waai vir hom en glimlag – te breed. Hy het gesien . . .

    Nou is Chris sommer vies. Kan ons nie maar net asseblief ry nie? sis hy deur sy tande.

    Sy pa het egter die wêreld se tyd. Nou-nou, hier’s nog te veel motors wat wag om uit te kom, sê hy, en maak eers ’n oproep op sy selfoon. Iets oor sy nuwe werk.

    Skielik roep Martie uit: Kyk daar!

    ’n Seun kom aangeloop. Hy loop kop onderstebo en hy lyk skaam.

    Dit is duidelik hoekom: Sy kop is kaal geskeer, so kaal dat dit eintlik blink.

    Flippit! sê Chris. Wat het met hóm gebeur?

    Die arme kind, sê hulle ma, en skud haar kop.

    Die seun lyk al hoe ongemakliker. Hy weet almal staar na hom.

    Ek het hom nie pouse by die skool gesien nie, sê Chris.

    Foei tog, hy het seker iewers gaan wegkruip, merk sy ma op.

    Skielik begin Chris te lag. Die seun lyk nie net ongelukkig nie, maar ook snááks! ’n Mens dink mos net aan ou ooms as mense met kaal koppe. Die gedagte dat die outjie se kop dalk so glad soos ’n styf opgeblaasde strandbal voel, laat hom nog harder lag.

    Sies, Chris! laat sy ma hoor, skaam jou!

    Die seun loop by hulle motor verby. Hy kyk op en sien hoe Chris vir hom lag, en raak rooi tot by sy ore – maar sy kopvel bly darem pienk.

    Chris se lag droog op. Nou voel hy skuldig.

    Jy moes nie vir hom gelag het nie, sê Martie verwytend.

    Dalk het hy ’n ernstige siekte en moes hy chemoterapie kry, voeg hulle ma by. Dit laat mos ’n mens se hare uitval. Arme ding.

    Chris voel sleg en verander haastig die onderwerp. Hoe gaan dit by die huis met die intrekkery?

    Dis maar nog deurmekaar, sê hulle pa. "Maar gelukkig is my kantoor darem al uitgesorteer en skoon en

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1