Haar laaste selfie
KAPT. Bossie Bredenkamp sug terwyl hy sy das voor die spieël regtrek. Verbeel hy hom of is die grys hare aan sy slape effens meer? Is die kepe om sy mond dieper, die lyne op sy voorkop duideliker? Hy vee bekommerd met sy regterhand oor sy gesig en deur sy hare.
Hy en sy speurspan kon nog nie daarin slaag om die reeksverkragter en-moordenaar vas te trek wat al meer as ’n jaar op die Wes-Kaapse kusdorpie Silwersee bedrywig is nie – ondanks lang ure se harde werk.
Alle leidrade het tot dusver op ’n doodloopstraat uitgeloop. Ses slagoffers is reeds aan die hand van die wreedaard dood.
Sy modus operandi was elke keer dieselfde: Pragtige, jong vroue tussen 16 en 30 jaar oud is eers verkrag en daarna met verskeie messteke in die vorm van ’n kruis in die linkerbors doodgemaak. Sonder uitsondering – soos ’n soort logo waarmee
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days