DAAR is ’n suurlemoenboom agter in my meisie se jaart. Dit is Jaylah se gunstelingplek in die wêreld.
Sy en haar oupa Dougie het die boom geplant – dit was die laaste ding wat hulle saam gedoen het. Hy het gesterf toe die boom daai lente begin blom.
Dit was die plek van ons eerste soen. Suurlemoen was van toe af my gunstelinggeur.
Suurlemoene het altyd ’n belangrike rol in ons verhouding gespeel. Soms was die geur soet soos die eerste bloeisels; ander tye het my neus gebrand van die suur. Die eerste keer toe Jaylah kwaad was vir my – ek het nie haar verjaarsdag onthou nie – het sy ’n vrot suurlemoen opgetel en teen my bors gegooi. Die knoppunt van die suurlemoen het ’n blou kol op my borskas gelos en die sap het my vel gebrand.
“Joh, my broe! Daai’s mos nou wild!” het my tjommie gesê toe ek hom wys.
Hy’t gedink ek is mal omdat ek daaroor